Snyc­kers gaan jou die na­els laat kou

Beeld - - Boeke -

Fik­sie

S­pi­re Fi­o­na Snyc­kers CLOCKWORK BOOKS, R230

Maan­dag­aand, so 18:00 se kant, het ek voor my re­ke­naar gaan sit om die e­lek­tro­nie­se weer­ga­we van Fi­o­na Snyc­kers se nu­we ril­ler, S­pi­re, te lees. Kort ná 22:00 was ek klaar. Om die waar­heid te sê, ek was so vas­ge­na­el dat ek in ’n sta­di­um be­sef het ek het reeds 10 mi­nu­te van­te­vo­re klaar ge­kou, en sit steeds met my vurk in die lug.

Dis geen won­der Snyc­kers se ro­man is so boei­end nie. ’n Paar maan­de ge­le­de het sy be­gin om el­ke dag ’n nu­we hoof­stuk op haar blog te plaas, en dus ein­dig elk­een met ’n clif­f­han­ger.

Sy het ’n paar hoof­stuk­ke oor­ge­had toe die plaas­li­ke uit­ge­wer Clockwork Books haar met ’n aan­bod na­der.

Snyc­kers was ge­na­dig teen­oor haar le­sers en het die laas­te hoof­stuk vir 24 uur op haar blog ge­los, en toe die he­le spul af­ge­haal.

Die sto­rie, kort­liks: S­pi­re speel af op die in­ter­na­si­o­na­le ba­sis in Ant­ark­ti­ka, be­kend as “S­pi­re”.

Dr. Ca­ro­li­ne Bur­chell, ’n me­die­se dok­ter en na­vor­ser in vi­ro­lo­gie, is daar vir die win­ter – ne­ge maan­de lank.

Toe­ge­sluit in ’n kluis wat sy al­leen kan oop­maak, is ’n hou­er met vi­rus­siek­tes. E­bo­la. Pok­ke. S­paan­se griep.

Ca­ro­li­ne is hier om na te vors hoe vi­rus­se in y­si­ge koue be­houe bly.

Dis Maart, die laas­te vlieg­tuig het na M­cMur­do-sta­sie ver­trek, en die ba­sis is af­ge­sluit van die wê­reld tot No­vem­ber.

Daar is ge­noeg voor­ra­de van al­le soor­te om die byna 50 men­se aan die gang te hou.

Dan be­gin die in­wo­ners siek raak . . . Meer kan ek nie sê nie. Dié is Snyc­kers se twee­de ril­ler, ná ver­le­de jaar se Now Fol­lo­wing You, en sy mág maar bang­maak­sto­ries skryf.

Dit gryp die le­ser van die eer­ste hoof­stuk, en laat los nie tot die laas­te blad­sy nie.

S­pi­re is be­skik­baar as e-boek en word op 1 Ju­lie in druk­for­maat uit­ge­reik. ) Lou­i­se Fer­rei­ra is ’n vry­skut­joer­na­lis van Jo­han­nes­burg.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.