Ver­mis­te ma en dog­ter­tjie (2) op­ge­spoor

Beeld - - Nuus - Ni­co Gous

’n Ma van Bloem­fon­tein wat saam met haar twee­ja­ri­ge dog­ter­tjie as ver­mis aan­ge­meld is, is ge­vind.

Konst. Pe­ter Ka­re­li, po­li­sie­woord­voer­der, sê Su­zan S­try­dom (37) en Min­ne­ke (2) is vei- lig in Kaap­stad.

S­try­dom het Vry­dag­aand in Bloem­fon­tein aan­ge­kom na­dat sy in ’n psi­gi­a­trie­se hos­pi­taal in Kaap­stad be­han­del is.

Haar fa­mi­lie het eer­gis­ter­og­gend om­streeks 05:30 ag­ter­ge­kom sy het oor­nag uit hul huis in Bains­vlei ver­dwyn.

Haar man het nie ge­hoor toe sy in haar mo­tor, ’n rooi C­hev­ro­let S­park, weg­ry nie.

Hy het haar toe as ’n ver­mis­te per­soon by die Bains­vlei-po­li­sie­kan­toor aan­ge­meld en die po­li­sie het met ’n soek­tog na haar be­gin.

Vrien­de het vir Su­zan ge­bel om te sê die po­li­sie is op soek na haar, waar­na sy haar­self by ’n po­li­sie­kan­toor in Kaap­stad aan­ge­meld het.

Min­ne­ke S­try­dom (2).

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.