Ver­mis­te mei­sie(13) ná 3 we­ke ge­vind

Beeld - - Nuus - Ni­co Gous

’n Mei­sie (13) wat drie we­ke ge­le­de in Jo­han­nes­burg as ver­mis aan­ge­meld is, is Sa­ter­dag­mid­dag by Park­sta­sie in die mid­de­stad ge­vind.

Her­man Mas­ha­ba, Jo­han­nes­burg se bur­ge­mees­ter, het Sa­ter­dag­aand ge­twiet: “Ek is ver­lig om jul­le in ken­nis te stel die 13-ja­ri­ge Kit­so Mo­thi­be is van­dag ge­kry en vei­lig te­rug by haar ou­ers.”

Mas­ha­ba het Don­der­dag die po­li­sie en Jo­han­nes­burg­se me­tro­po­li­sie (JMPD) op hul soek­tog in die mid­de­stad ver­ge­sel.

Kol. Lun­ge­lo Dla­mi­ni, Gau­teng­se po­li­sie­woord­voer­der, sê Kit­so se neef het haar op­ge­spoor.

Daar is ge­vrees dat dwelm­smou­se of kop­pe­laars Kit­so in ’n ge­kaap­te ge­bou in die mid­de­stad aan­hou.

To­ny Ta­ver­na-Tu­ri­san, Mas­ha­ba se woord­voer­der, het Don­der­dag ge­sê Kit­so se ou­ers het ge­frus­treerd ge­raak om­dat die po­li­sie die saak nie gou ge­noeg op­ge­volg het nie.

Kit­so se pa het toe Ey­e­wit­ness News se hulp ge­vra.

Dla­mi­ni sê die be­we­rings dat die po­li­sie nie Kit­so se ou­ers wou help soek nie, word on­der­soek.

Lt.genl. De­li­we de Lan­ge, Gau­teng­se po­li­sie­kom­mis­sa­ris, is be­kom­merd dat se­ke­re po­li­sie­le­de moont­lik nie die ge­drags­ko­de ge­volg het nie.

Dla­mi­ni sê die po­li­sie en an­der wets­toe­pas­sers sal bly saam­werk om mis­daad in Jo­han­nes­burg se mid­de­stad te pro­beer uit­roei. Hul­le gaan on­der meer fo­kus op ver­la­te ge­boue wat as skuil­plek­ke vir mis­da­di­gers dien.

Su­zan se mo­tor, ’n 2011­mo­del rooi C­hev­ro­let S­park.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.