Kla só by ons

Beeld - - Tot U Diens -

Ver­brui­kers kan hul klag­tes e­lek­tro­nies by Tot u Diens in­dien. S­tuur e­pos na to­tu­diens@beeld.com.

Klag­tes wat e­lek­tro­nies in­ge­dien word, kan spoe­di­ger af­ge­han­del word. U kan ook ’n faks s­tuur na 086 693 5146. Ont­hou om die maat­skap­py se faks­nom­mer en be­son­der­he­de in te sluit. Al­ta P­re­to­ri­us was nie ge­luk­kig met die diens wat sy by Ren­nies Tra­vel ge­kry het nie.

“Ek het ’n kom­pe­ti­sie ge­wen. Een van die bor­ge was Ren­nies Tra­vel. Ek moes twee nag­te gra­tis ho­tel­ver­blyf as prys van hul­le ont­vang. Ek moes Ren­nies her­haal­de­lik hier­oor bel en het steeds nie my prys ont­vang nie. Hul­le het wel be­loof om ’n plan te maak, maar daar het da­dels van ge­kom. Me­la­nie het on­der meer be­lo­we sy sal my te­rug­bel of ’n e-pos met die prys vir my s­tuur wat nooit ge­beur het nie. Ek het ook ’n e-pos aan Al­vi­na ge­rig. Sy het ook ge­sê sy sal die prys aan­stuur, maar weer het dit nie ge­beur nie. Ek het Al­vi­na weer pro­beer in die han­de kry, maar ek kom nie by haar uit nie. Ek wag steeds op my prys.”

Ons het Ren­nies Tra­vel oor P­re­to­ri­us se klag­te ge­pols. Hul­le sê die per­soon wat ver­ant­woor­de­lik was vir die s­tuur van die prys, is nie meer in hul diens nie. Ren­nies sê hul­le was on­be­wus van P­re­to­ri­us se pro­bleem en het die hoop uit­ge­spreek dat soort­ge­ly­ke pro­ble­me in die toe­koms ver­my sal word.

P­re­to­ri­us het nou haar prys ont­vang. C­har­main von Wiel­ligh het ons ge­vra om haar te help om ’n klag­te met Mul­tiC­hoi­ce op te los.

“Ek be­taal Mul­tiC­hoi­ce jaar­liks vir my DStv. Ek het van­jaar op 14 Maart vir dié jaar be­taal. Op 31 Maart het ek ’n ken­nis­ge­wing van my bank ge­kry dat Mul­tiC­hoi­ce ’n de­biet­or­der van R3 410 van my bank­re­ke­ning ver­haal het. Ek het hul­le mos reeds be­taal en ek is nie eens se­ker waar hul­le my bank­be­son­der­he­de ge­kry het nie.”

Von Wiel­ligh het Mul­tiC­hoi­ce ’n dag la­ter ge­kon­tak om ag­ter die kap van die byl te pro­beer kom.

“Hul­le het my vir ’n be­wys van my be­ta­ling op 14 Maart ge­vra wat ek wel toe deur­ge­stuur het.

“In­tus­sen het ek my bank ge­vra om die be­ta­ling wat reeds deur is, om te swaai.

“Hul­le het dit ge­doen. Hier­na het ek Mul­tiC­hoi­ce drie vrae ge­stel: Ek het hul­le ge­vra waar hul­le my bank­be­son­der­he­de be­kom het, ek wou weet wie mag­ti­ging vir die de­biet­or­der ge­gee het en der­dens het ek hul­le ver­soek om die bank­kos­te wat ek vir die om­swaai van die de­biet­or­der aan­ge­gaan het, aan my te­rug te be­taal.”

Von Wiel­lich sê Mul­tiC­hoi­ce het ge­wei­er om haar vrae te be­ant­woord.

“Vol­gens Mul­tiC­hoi­ce het ’n re­ke­naar­stel­sel­fout tot die de­biet­or­der ge­lei.

“Steeds wou ek weet waar my in­lig­ting be­kom is, maar al waar­op hul­le te­rug­ge­val het, was die stel­sel­fout. Dit ver­dui­de­lik eg­ter nie hoe my bank­be­son­der­he­de be­kom is nie. Ek glo in elk ge­val nie hul sto­rie van ’n stel­sel­fout nie.

“Hoe kan ’n re­ke­naar­stel­sel op sy eie be­sluit om ’n de­biet­or­der teen ie­mand se re­ke­ning in te stel?

“Die bank­kos­te was nie veel nie, maar Mul­tiC­hoi­ce het da­rem ge­sê hul­le sal dit te­rug­be­taal. Dit het eg­ter nog nie ge­beur nie.

“Ek het Mul­tiC­hoi­ce se­ker nou al 20 keer vir ’n ver­dui­de­li­king ge­vra, maar dis tjoep­stil aan hul kant.”

Tot u Diens het Von Wiel­lich se klag­te vir Mul­tiC­hoi­ce ge­stuur.

Vol­gens te­rug­voe­ring wat aan haar ver­skaf is, het Mul­tiC­hoi­ce nog haar bank­be­son­der­he­de op lê­er ge­had van toe sy des­tyds ’n de­biet­or­der vir haar be­ta­lings ge­bruik het.

Von Wiel­lich sê dis steeds nie dui­de­lik hoe die de­biet­or­der weer ná ses jaar ge­ak­ti­veer is nie en dat sy ook nog nie haar bank­kos­te te­rug­ge­kry het nie, maar sy het be­sluit om die saak daar te laat.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.