Mul­tiC­hoi­ce soek nog geld

Beeld - - Tot U Diens -

Wil­lie Ful­lagar het ’n klag­te oor Mul­tiC­hoi­ce vir Tot u Diens ge­stuur.

“Ek het in Fe­bru­a­rie my ou DStv-de­ko­deer­der deur ’n Ex­plo­ra ver­vang. Ek het ook vir DStv se so­ge­naam­de ‘pri­ce lock’ in­ge­te­ken. Ek moet dus maan­de­liks vir 24maan­de R949 per maand be­taal. Teen die tyd toe Maart se paai­e­ment moes be­taal word, het Mul­tiC­hoi­ce my laat weet my be­ta­lings is twee maan­de ag­ter­stal­lig. Dit was vir my nuus en ek het hul­le ge­kon­tak om te hoor wat aan die gang is. Mul­tiC­hoi­ce het nooit die ver­an­de­ring by my re­ke­ning aan­ge­bring nie.

“Ons het tot ’n ver­ge­lyk ge­kom dat hul­le vir die vol­gen­de aan­tal maan­de R500 meer van my re­ke­ning sou af­trek tot die ag­ter­stal­li­ge be­drag in­ge­haal is. Die ver­soek is ook op Mul­tiC­hoi­ce se stel­sel aan­ge­bring. On­ge­ag hier­van is die af­trek­king die vol­gen­de maand weer nie kor­rek deur­ge­voer nie. Toe ek my bank vra of hul­le weet wat ge­beur het en vol­gens hul­le het Mul­tiC­hoi­ce te veel van my re­ke­ning pro­beer af­trek. Ek kan nie meer so met Mul­tiC­hoi­ce aan­suk­kel nie.”

Ons het Mul­tiC­hoi­ce ge­vra om Ful­lagar te help. Hy sê hul­le het hom ge­kon­tak en die pro­bleem op­ge­los. Die eer­ste be­ta­ling is reeds vol­gens Ful­lagar se re­ë­lings met Mul­tiC­hoi­ce deur­ge­voer.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.