Klag­te van die week

Beeld - - Tot U Diens -

Vol­gens T­heo van Zyl kan diens baie ver­be­ter. “My mo­tor het pro­ble­me ge­gee en ek is na R’s Au­to Sa­les. Hul­le het ge­sê hul­le sal kan help en ek moet my mo­tor daar los.” Van Zyl het wel sy mo­tor by R’s Au­to ge­los. “Hul voor­stel was om my kar se en­jin te ver­vang. Die en­jin waar­mee hul­le my­ne sou ver­vang, het ge­kom met ’n waar­borg van 50 000 km. Ek het ’n de­po­si­to van R6 000 be­taal en la­ter die ba­lans van net meer as R15 000. “Die maand daar­na is ek te­rug na R’s Au­to om­dat my mo­tor nie ge­trek het soos hy moet nie. Ek het ge­suk­kel om teen e­ni­ge bult uit te ry. Hul­le het on­der­soek in­ge­stel en ge­sê daar is sen­sors wat ver­vang moet word. Ek het daar­voor be­taal en dit is ver­vang, maar die mo­tor was steeds nie heel­te­mal reg nie. “Die ei­e­naar van R’s Au­to het my ver­se­ker hul­le sal uit­vind wat fout is en die no­di­ge her­stel­werk doen. Toe het hul­le ge­sê my brand­stof­tenk is vuil, maar dat die vui­lig­heid in die ry uit­ge­werk sal word. Drie tenks la­ter was dit nog nie be­ter nie. My mo­tor het selfs een keer gaan staan toe ek deur ’n plas wa­ter ge­ry het. “Nog werk is ge­doen. R’s Au­to het my da­rem ’n leen­voer­tuig ge­gee ter­wyl ek vir die her­stel­werk aan my eie mo­tor ge­wag het. “Na­dat ek dié keer my kar te­rug­ge­kry het, was daar nog ’n klomp pro­ble­me en el­ke keer moet ek te­rug na R’s Au­to. So het die pro­ses hom­self her­haal tot R’s Au­to la­ter ge­sê het ek moet op­hou om hul tyd te mors. “Hul­le sê nou dis my kar se re­ke­naar wat al die pro­ble­me ver­oor­saak, maar ek dink nie dis die ge­val nie. Maar hoe meer ek sê dis nie die re­ke­naar wat nie werk nie, hoe meer moet ek hoor ek mors hul tyd.” Tot u Diens het R’s Au­to ge­vra om kom­men­taar te le­wer. Hul­le het be­ves­tig hul­le het wel die en­jin in Van Zyl se kar ver­vang en daar­na ge­vind die re­ke­naar werk nie soos dit moet nie. Hul­le sê ’n der­de par­ty het die re­ke­naar on­der­soek en dit kan nie her­stel word nie. Van Zyl meen steeds daar is iets an­ders fout. R’s Au­to het Van Zyl ge­nooi om sy kar el­ders te laat on­der­soek om­dat hul­le meen hul­le en Van Zyl sal nie tot ’n ver­ge­lyk kan kom nie. se

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.