Ver­brui­kers­fo­rum

Beeld - - Tot U Diens -

Mag­da Grund­ling het met Ca­pi­tec kop­pe ge­stamp.

“Ek het per a­buis R5 500 aan ’n be­guns­tig­de uit my Ca­pi­tec-re­ke­ning be­taal toe ek eint­lik net R550 aan hier­die per­soon wou be­taal.

“Na­dat ek my fout ag­ter­ge­kom het, het ek Ca­pi­tec ge­kon­tak om die be­ta­ling te pro­beer om­swaai. Ek is van een Ca­pi­tec-tak na die vol­gen­de ver­wys. Van die Men­lyn-tak af het die per­so­neel Ca­pi­tec-hoof­kan­toor ge­bel. Ek het ’n ver­wy­sings­nom­mer ge­kry. Vol­gens Ca­pi­tec sou ek bin­ne ’n dag my geld te­rug­kry. Hul be­lof­te was ver­geefs.

“Ek het nood­ge­dwon­ge weer Ca­pi­tec ge­kon­tak. Toe het hul­le ge­sê hul­le wag om van die be­guns­tig­de se bank te hoor. Nou was die wag­tyd­perk skie­lik tien werk­dae. Dis nie vir my aan­vaar­baar nie.”

Tot u Diens het Ca­pi­tec ge­vra om on­der­soek in te stel. Hul­le be­ves­tig Grund­ling het hul­le in ken­nis ge­stel op die dag toe sy haar fout ag­ter­ge­kom het. Hul­le het da­de­lik die saak met die be­guns­tig­de se bank op­ge­neem, maar ’n te­rug­be­ta­ling was nie moont­lik nie, aan­ge­sien daar te min geld in die be­guns­tig­de se re­ke­ning be­skik­baar was. Ca­pi­tec noem dat ’n te­rug­be­ta­ling nie ge­waar­borg kan word nie. Hoe dit ook al sy het Ca­pi­tec weer die be­guns­tig­de se bank vir ’n te­rug­be­ta­ling ge­na­der. Grund­ling het nou haar geld te­rug­ge­kry.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.