Wen­ke wat werk

Beeld - - Tot U Diens -

T­re­vor King, be­mar­kings­be­stuur­der van Ca­e­sars­to­ne, het ’n paar wen­ke om jou huis se waar­de te ver­hoog. Hy meen jou huis se waar­de kan aan­sien­lik ver­hoog word son­der om ’n klomp geld uit te gee. “Die waar­de van in­stand­hou­ding en ver­be­te­rings aan jou huis word eers werk­lik ge­sien wan­neer jy jou huis wil ver­koop,” sê King. “’n Laag verf of ’n klein bie­tjie her­stel­werk kan won­ders doen wan­neer voor­ne­men­de ko­pers die eer­ste keer na jou huis kom kyk.” Voorts meen King die ka­mers waar jy die mees­te tyd deur­bring, moet die fo­kus van op­knap­pings wees. Hy i­den­ti­fi­seer spe­si­fiek die kom­buis en bad­ka­mers as a­re­as waar ’n bie­tjie geld ’n groot ver­skil kan maak. “Dis nie no­dig om die he­le kom­buis of bad­ka­mers oor te doen nie, maar in die kom­buis kan kas­te wat al die my­le van ge­bruik toon, oor­ge­verf of ver­nis word,” sê King. “In die kom­buis en bad­ka­mers kan ’n mens ook waar­de tot jou huis by­voeg deur kra­ne en py­pe wat pro­ble­me gee, te ver­vang. Oor­weeg ook om ge­da­teer­de ont­wer­pe tot mo­der­ne stan­daar­de te ver­nu­we.” Twee an­der e­le­men­te wat King noem as trek­pleis­ters vir po­ten­si­ë­le ko­pers, is doel­tref­fen­de e­ner­gie­ver­bruik en die duur­saam­heid van in­stal­la­sies.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.