Pluim­pies

Beeld - - Tot U Diens - ATKV

Piet Nel sê die van ’n hoë ge­hal­te. “Ek was baie ja­re by die ATKV ver­se­ker. In Ju­nie 2015 het ek ’n eis vir ska­de aan my ka­me­ra by hul­le in­ge­dien. Die ka­me­ra het op ’n va­kan­sie ge­val en die lens het seer­ge­kry. Hul­le het vir die ska­de be­taal, maar ek was be­kom­merd dat die e­lek­tro­ni­ka dalk ook be­ska­dig is en eers la­ter simp­to­me sou wys. “Ek het ver­le­de jaar my ver­se­ke­rings­po­lis by die ATKV ge­staak. In Ja­nu­a­rie van­jaar het my ka­me­ra die gees ge­gee. Na­dat ek ge­wik en ge­weeg het, het ek tog be­sluit om die ATKV te vra of hul­le vir die ska­de aan die ka­me­ra sal be­taal. Hul­le het on­der­soek in­ge­stel en be­sluit om my te ver­goed. Ek is ’n nu­we ka­me­ra aan­ge­bied hoe­wel ek al maan­de lank nie meer by hul­le ver­se­ker was nie. ’n Groot dan­kie aan die ATKV en ver­al Ta­nya van Zyl wat my vrien­de­lik en pro­fes­si­o­neel deur die he­le pro­ses ge­help en oor die on­der­soek op die hoog­te ge­hou het.” se ver­se­ke­ring le­wer diens

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.