Suk­ke­len­de S­tut­ta­fords sluit drie groot win­kels, nog kan volg

Beeld - - Sake - – Nel­lie Brand­Jon­ker

Die win­kel­groep S­tut­ta­fords het drie van sy groot win­kels ge­sluit, ook sy reu­se­win­kel in die Ca­nal Walk­win­kel­sen­trum in Kaap­stad.

Nog win­kels gaan la­ter van­dees­maand ge­sluit word, in­slui­ten­de al­leen­staan­de Bob­bi Bro­wn­win­kels.

Die Ca­nal Walk­win­kel het ’n ge­sog­te lig­ging.

Die slui­ting van die win­kels is voor­af­ge­gaan deur reu­se­wins­ko­pies om van die voor­raad ont­slae te raak.

Die win­kels is ge­sluit na­dat S­tut­ta­fords In­ter­na­ti­o­nal Fashi­on Com­pa­ny ver­le­de jaar in sa­ke­red­ding ge­plaas is.

John E­vans, een van die sa­ke­red­ders, sê of nog win­kels ge­sluit gaan word, hang van die ver­skaf­fers, ver­huur­ders en aan­deel­hou­ers se on­der­steu­ning af.

Op die oom­blik word net werk­ne­mers van die be­trok­ke win­kels ge­raak. ’n Kon­sul­ta­sie­pro­ses sal be­paal hoe­veel men­se af­ge­dank word.

“Maar al 950 werk­ne­mers land­wyd is af­hank­lik daar­van of die red­ding van die maat­skap­py suk­ses­vol is.”

Die laas­te in­lig­ting wat aan par­tye uit­ge­stuur is wat ge­raak word deur die sa­ke­red­ding, was ver­le­de Vry­dag.

Sa­ke het in No­vem­ber ver­le­de jaar be­rig die groep is in vry­wil­li­ge sa­ke­red­ding ge­plaas.

Die klein­han­de­laar het toe ge­sê die moei­li­ke e­ko­no­mie en ver­brui­kers wat na la­er pry­se soek, het sy tol op sy ver­ko­pe ge­ëis.

Dit is ten spy­te van groot­skaal­se po­gings die af­ge­lo­pe twee jaar om die win­kel­groep te her­po­si­si­o­neer, ver­lies­ma­ken­de win­kels te sluit en an­der stap­pe, soos om sy hoof­kan­toor te ver­klein en gro­ter toe­gang tot kre­diet aan sy klan­te te bied.

“Die im­pak van die han­dels­toe­stan­de op die maat­skap­py se om­set en voor­raad­om­set was baie gro­ter as wat ons ooit kon voor­spel,” het Ro­bert A­moils, uit­voe­ren­de hoof van S­tut­ta­fords, ge­sê.

Die sa­ke­red­ders oor­weeg die ver­koop van die groep se voor­raad op han­de of dat die be­sig­heid ver­koop word. E­vans sê dit is nie meer moont­lik om die groep in ge­heel te red nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.