S­hop­ri­te dalk weer in die vi­sier

Beeld - - Sake - – Nel­lie Brand­Jon­ker

’n Oor­na­me van die S­hop­ri­te­groep kan weer ’n moont­lik­heid wees nou­dat S­tein­hoff be­sluit het om sy klein­han­del­be­dry­wig­he­de in A­fri­ka af­son­der­lik te no­teer.

Ont­le­ders be­spie­gel oor dié moont­lik­heid om­dat die no­te­ring daar­van in Suid­A­fri­ka met ’n ka­pi­taal­in­sa­me­ling ge­paard sal gaan.

Die no­te­ring gaan “vars moont­lik­he­de met S­hop­ri­te o­pen”, sê Sasha Na­ryshki­ne, ’n ont­le­der van Ve­stact.

S­tein­hoff, wat sy hoof­no­te­ring in Duits­land het, het in De­sem­ber ’n tran­sak­sie aan­ge­kon­dig wat daar­toe sou lei dat hy die S­hop­ri­te­groep sou oor­neem. Die tran­sak­sie is be­ëin­dig toe S­hop­ri­te en S­tein­hoff nie oor ’n aan­deel­ruil­ver­hou­ding kon oor­een­kom nie.

Chris­to Wie­se, die groot­ste aan­deel­hou­er in S­hop­ri­te en S­tein­hoff, het daar­na laat blyk dit is dalk nie sy laas­te pro­beer­slag om die maat­skap­pye saam te gooi nie.

S­tein­hoff het Woens­dag­mid­dag ná die slui­ting van die mark aan­ge­kon­dig hy “e­va­lu­eer en i­ni­si­eer” stap­pe om sy klein­han­del­be­dry­wig­he­de in A­fri­ka a­part op die JSE te no­teer.

Sy A­fri­ka­on­der­ne­mings, waar­on­der Pep­kor, JD Group, U­ni­trans Au­to­mo­ti­ve, S­tein­build, Po­co SA en Tek­kie To­wn, sal deur een be­he­ren­de maat­skap­py ge­hou word.

Na­ryshki­ne sê die re­de vir die tran­sak­sie wat nou be­oog word, is een­vou­dig om­dat “hul­le die twee on­der­ne­mings wil skei in ’n A­fri­ka­on­der­ne­ming en ’n on­der­ne­ming wat op die ont­wik­kel­de mark­te ge­rig is”. Dit kan al in die der­de kwar­taal van 2017 wees.

In­ves­tec het in ’n ont­le­ding gis­ter­og­gend ge­sê hy het reeds in Ja­nu­a­rie voor­spel die uit­ein­de van die tran­sak­sie wat De­sem­ber aan­ge­kon­dig is, moet wees vir S­tein­hoff om sy SuidA­fri­kaan­se ba­tes te no­teer en te ont­knoop. Dit is ’n sko­ner struk­tuur.

“Die groot vraag is eg­ter waar­voor die ka­pi­taal aan­ge­wend word.”

Die bank meen ’n “be­te­ke­nis­vol­le ver­kry­ging” soos S­hop­ri­te kan dan dalk volg.

Mark Hodg­son van A­vi­or meen die struk­tuur van die tran­sak­sie stem oor­een met wat in De­sem­ber met S­hop­ri­te aan­ge­kon­dig is. Om­dat die mark nou ’n waar­de kan plaas op die maat­skap­py wat gaan no­teer, maak dit ’n “nu­we po­ten­si­ë­le ska­kel” met S­hop­ri­te moont­lik.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.