Só werk dit

Beeld - - Sake Nuus -

Hoe word die huis ge­bou?

’n “Vorm” word ge­pro­du­seer deur on­ge­skool­de plaas­li­ke ar­beid op te lei om her­bruik­ba­re plas­tiek­in­spuit­vorm­pa­ne­le, al­ge­meen be­kend as vorm­werk, aan­me­kaar te sit. Die vorm­werk word op ’n in­ge­ni­eurs­ont­werp­te vlot­fon­da­ment op­ge­rig. Deu­re, ven­sters en net­wer­ke vir wa­ter en e­lek­tri­si­teit word op toe­pas­li­ke plek­ke op die vorm­werk aan­ge­bring. Daar­na word die vorm­werk ge­vul met be­lug­te da­gha wat vin­nig droog word en uit sand, se­ment en ’n by­meng­sel be­staan. Die huis word oor­nag ge­laat om droog te word. Die vol­gen­de dag word die vorm­werk ver­wy­der en weer op die vol­gen­de fon­da­ment op­ge­rig. Die su­per­struk­tuur word af­ge­werk deur ’n ge­wo­ne dak, lood­gie­ter­stoe­be­ho­re, pla­fon, hang­deu­re, ven­ster­glas en verf aan te bring.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.