Bek­ker te sterk vir T­ri­ni­ty­hou­se

Beeld - - Sport -

Die Ho­ër­skool Bek­ker het Sa­ter­dag vir T­ri­ni­ty­hou­se in dié span­ne se stryd in die Vir­se­ker-be­ker vir me­di­um­sko­le in die Goue Leeus-streek ge­troef.

Bek­ker het die stryd op sy tuis­veld met 27-18 ge­wen.

Uit die staan­spoor het Bek­ker ver­skeie dryf­maal­be­we­gings van sta­pel ge­stuur.

Die voor­spe­lers, met Ber­nard Eras­mus en Ar­no van S­ta­den aan die spits, het die be­soe­kers goed sag­ge­maak.

In die der­de mi­nuut van die wed­stryd het Bek­ker se Jan­nie S­chultz in die hoe­kie oor­ge­duik vir sy eer­ste van twee drieë.

Bek­ker het op sy krag­spel staat­ge­maak, ter­wyl T­ri­ni­ty­hou­se sy vin­ni­ge ag­ter­lyn pro­beer in­span het.

So het dit dan ook ge­kom dat Bek­ker weer eens die krag­man Eras­mus in­ge­span het vir nog een van sy krag­lo­pies wat op ’n drie uit­ge­loop het.

Bek­ker se S­chultz het daar­na weer sy stem­pel op die wed­stryd af­ge­druk deur ’n skit­te­ren­de drie in die an­der hoe­kie van die veld. Ernst Louw kon net een van die drie drieë in die eer­ste helf­te ver­doel.

T­ri­ni­ty­hou­se se los­ska­kel Chris­ti­an Humphries het vroeer in die eer­ste helf­te twee straf­doe­le deur die pa­le ge­jaag.

Kort voor die rus­tyd het die be­soe­kers se agt­ste­man, Ky­le van Eys­sen, vir Bek­ker aan die slaap ge­vang en oor­ge­val vir ’n drie va­n­af ’n lyn­staan.

Bek­ker was teen die rus­tyd met 17-11 voor.

Met ’n bie­tjie af­wis­se­ling in sy spel­pa­troon in die twee­de helf­te, het Bek­ker se los­ska­kel,

Ma­ri­us Nor­tjé

Ernst Louw, dwars­deur die T­ri­ni­ty­hou­se-span ge­breek om on­der die pa­le te druk en sy eie drie te ver­doel.

T­ri­ni­ty­hou­se het eg­ter nie gaan lê nie en hard te­rug­ge­veg. So­veel so dat sy bin­ne­sen­ter, Kil­li­an Bos­hoff, ná vol­ge­houe druk deur Bek­ker se ver­de­di­gings­li­nie ge­breek het om die tel­bord met vyf pun­te te laat aan­rol.

’n Mi­nuut voor die ein­de van die wed­stryd, het Bek­ker die se­ge ver­se­ker toe Louw ’n straf­doel deur die pa­le ge­jaag het.

Fo­to: MA­RI­US NOR­TJÉ

An­tho­ny S­mith van Bek­ker sweef deur die lug om die skop van T­ri­stan Lil­ford van T­ri­ni­ty­hou­se af te storm.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.