El­do se reu­se lê grond­slag

Beeld - - Sport - Ma­ri­us Nor­tjé

Die Ho­ër­skool El­do­rai­gne kan sy groot voor­spe­lers be­dank vir sy se­ge oor die Ho­ër­skool Zwart­kop Sa­ter­dag op El­do se tuis­veld.

Die tuis­span het dié stryd in die Vir­se­ker-be­ker se af­de­ling vir ma­kro­sko­le in die Blou Bul­le-streek, met 43-7 ge­wen.

El­do­rai­gne en Zwart­kop speel jaar­liks ’n Clas­sic Clash-wed­stryd teen me­kaar.

Sa­ter­dag se wed­stryd is deur han­teer­fou­te lam­ge­lê.

El­do se swaar agt­tal het die stryd eg­ter van meet af aan be­heer, al het al­bei span­ne ge­suk­kel om die bal lank ge­noeg te hou.

Die tuis­span het eer­ste toe­ge­slaan na­dat die puik heel­ag­ter, S­ha­ne Bol­ton, oor­ge­duik het vir sy drie.

Daar­na het die be­soe­kers se los­ska­kel, Mi­che Groe­ne­wald, twee keer ag­ter­een­vol­gens met straf­doe­le mis­luk.

Kort voor die om­draai­slag het Zwart­kop se Ger­har­dus van Rooy­en teen die kant­lyn af doel­lyn toe ge­na­el. Ri­aan Bur­ger het hom ’n tree voor die doel­lyn plat­ge­trek.

Die skeids­reg­ter het eg­ter be­slis dié duik­slag was ge­vaar­lik. Bur­ger het ’n geel­kaart ge­kry en die be­soe­kers is ’n straf­drie toe­ge­ken – hul e­nig­ste pun­te van die wed­stryd.

Die tuis­span het daar­na te­rug­ge­slaan toe sy lin­ker­vleu­el, Mar­cel Ven­ter, die bal van die af­skop af ge­kry en dwars­deur Zwart­kop se span ge­hard­loop het om te gaan druk.

Daar­na het die rus­tyd­fluit­jie Ri­aan Bur­ger van El­do­rai­gne bring Zwart­kop se Ger­har­dus van Rooy­en treë voor die doel­lyn grond toe. Bur­ger het ’n geel­kaart vir dié duik­slag ge­kry en Zwart­kop is ook ’n straf­drie toe­ge­ken. ge­blaas en El­do was met ’n skra­le 14-7 voor.

In die twee helf­te het die tuis­span se agt­tal be­heer oor die stryd ge­neem. Die S­pe­ler van die Wed­stryd, El­do se ha­ker Rein­hardt Hey­mans, het saam met die vas­kop­stut, C­harl Be­ster, en die slot­te, Ryno Kot­ze en Ger­hard Lot­ter, die be­soe­kers be­hoor­lik uit­ge­put.

Bol­ton, wat ’n ge­wel­di­ge by­drae tot sy span se se­ge ge­maak het, het in die twee­de helf­te ’n skit­te­ren­de drie ge­druk.

Daar­na het El­do se los­ska­kel, De Wet P­re­to­ri­us, met slim tak­tie­se skop­werk baie veld vir sy span ge­wen. P­re­to­ri­us is self ook met ’n drie be­loon. In daar­die sta­di­um was al die mo­men­tum by die tuis­span.

El­do se bui­te­sen­ter, Bur­ger, het ook ge­druk na­dat Zwart­kop se ver­de­di­ging be­gin bes­gee het.

Kot­ze is ook met ’n drie be­loon net voor­dat die eind­fluit­jie ge­blaas het.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.