Twee uit vyf goed vir S­tor­mers, sê F­leckie

Beeld - - Sport - Fran­cois de Wet

Die droom was om vier uit vyf Nieu-See­land­se Su­per­rug­by­span­ne van­jaar te klop, maar Rob­bie F­leck, S­tor­mers­af­rig­ter, meen hy én sy span kan heel te­vre­de wees met net twee.

Die S­tor­mers se veld­tog in van­jaar se Su­per­rug­by­reeks het ’n in­spui­ting van self­ver­troue ge­kry toe hul­le die Blu­es Vry­dag met 30-22 op Nu­we­land kon klop.

Die se­ge het ’n te­leur­stel­len­de tyd vir die S­tor­mers be­ëin­dig waar­in hul­le vier wed­stry­de ag­ter­een­vol­gens ver­loor het. Drie daar­van was teen Ki­wi-span­ne.

“Ek dink die wen het die self­ver­troue ge­lig, maar dit is reg­tig moei­lik om teen die Nieu-See­land­se span­ne te speel, ver­al weg van die huis af. Ons het vir ons­self ’n paar doe­le ge­stel, met die eer­ste daar­van om se­we wed­stry­de ag­ter­een­vol­gens te pro­beer wen, voor­dat ons op toer moes gaan. Ons het ses daar­van ge­wen en toe teen die Leeus vas­ge­val.

“Ons an­der doel was ook om die vier Ki­wi-span­ne te klop en ons het ge­weet ons gaan drie wed­stry­de teen hul span­ne weg van die huis moet speel. Ons het al­bei ons krag­me­tings teen Ki­wi­span­ne by die huis ge­wen en ek dink dit gee net die man­ne daar­die ge­loof dat hul­le die span­ne kan klop.

“Daar was oor die laas­te ruk baie ge­sê oor die fiks­heid en kon­di­si­o­ne­ring van Suid-A­fri­kaan­se rug­by­spe­ler, maar ek voel in van­aand se wed­stryd het ons be­wys die man­ne is fiks.

“Ek dink SuidA­fri­kaan­se span­ne suk­kel met die siel­kun­di­ge as­pek van be­ter be­slui­te neem wan­neer jy moeg word en on­der druk ver­keer, maar van­aand was ons be­sluit­ne­ming baie be­ter.

Vol­gens F­leck kan die oor­win­ning teen die Blu­es groot­liks toe­ge­skryf word weens die feit dat hul­le die les­se op toer ten har­te ge­neem het en ver­al op die ver­de­di­ging pro­beer in wer­king stel het.

Die waag­stuk om die vleu­el Dil­lyn Leyds op los­ska­kel te speel, het vol­gens F­leck ook baie goed uit­ge­werk. ) Die S­tor­mers sal Sa­ter­dag in Dur­ban son­der hul Nieu-See­land­se sen­ter, S­haun T­ree­by, teen die Haaie oor die weg moet kom.

Hy is vir drie we­ke ge­skors vir sy ge­vaar­li­ke duik­slag op die Blu­es-los­ska­kel, Piers Fran­cis. T­ree­by is ná die wed­stryd uit­ge­wys vir ’n ge­vaar­li­ke hoog­vat en het gis­ter voor ’n tug­ko­mi­tee ver­skyn

Fo­to: GALLO IMAGES

S­haun T­ree­by (links) is ge­skors vir dié hoog­vat.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.