Kings nie meer ko­nings van drieë druk

Beeld - - Sport - Mi­cha­el G­reen

Na­dat ’n mens die af­ge­lo­pe klom­pie we­ke daar­aan ge­woond ge­raak het om te sien hoe druk die Sout­hern Kings die een a­sem­ro­wen­de drie ná die an­der, was dit Sa­ter­dag­aand byna ’n skok toe die Oos-Ka­pe­naars dit nie kon doen nie.

Die Kings kon net een drie – en dit boon­op ’n straf­drie – in hul ne­der­laag van 10-19 teen die Brum­bies in Port Elizabeth se Nel­son Man­de­la­baai-sta­di­on aan­te­ken.

Dit kan deels aan die Brum­bies se goeie ver­de­di­ging toe­ge- skryf word, maar ook aan fou­te aan die Kings se kant.

“Ons het ge­noeg ge­leent­he­de ge­skep, maar ons uit­voe­ring was nie so goed soos dit kon wees nie,” sê Li­o­nel Cron­jé, die Kings se kap­tein.

“Daar was ’n tyd­jie in die twee­de helf­te toe ons in hul­le kwart­ge­bied was, waar ons kon en moes druk. Die tel­ling was toe 10-5 (vir die Kings) en ons kon dit na 17-5 ge­rek het en in ’n po­si­sie ge­kom het waar ons die wed­stryd kon wen.”

S­te­phen Lark­ham, die Brum­bies-brei­er, be­skryf dáár­die tyd­jie as die keer­punt in die wed- stryd.

“Dit was die keer­punt toe ons hul­le van ons doel­lyn af weg­ge­hou het,” sê hy.

Hy wys ook daar­op dat sy span die mees­te be­sit ge­had het en self ’n paar kan­se om pun­te in die eer­ste helf­te te kry, weg­ge­smyt het.

Lark­ham was ’n “ver­lig­te man” ná die oor­win­ning. Voor dit het die Brum­bies vier ag­ter­een­vol­gen­de ne­der­lae ge­ly.

In die twee­de helf­te het die Brum­bies twee drieë ge­druk om die oor­win­ning te ver­se­ker.

Cron­jé sê die Kings was teen die ein­de steeds in ’n po­si­sie om die wed­stryd te wen.

“Om steeds in so ’n poi­si­sie te wees ná jy 80% van die wed­stryd moes ver­de­dig, is ’n goeie te­ken vir die span. Ons be­weeg in die reg­te rig­ting,” sê Cron­jé.

Da­vids sê die uit­da­ging vir die Kings raak al gro­ter.

“Wan­neer jy eers an­der span­ne be­gin klop (voor Sa­ter­dag het die Kings drie ag­ter­een­vol­gen­de se­ges be­haal), be­gin an­der span­ne har­der werk om jou spel te ont­leed,” sê hy.

Pun­te­ma­kers: Brum­bies 19 (5): Drieë: Doel­

Josh Mann­Rea, Ai­dan Toua, Tom Banks. W­ha­ren­ui Ha­wera (2).

skop­pe: Sout­hern Kings 10 (10): Drie:

Straf­doe­le:

pun­te). Cron­je (1). Straf­drie (7

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.