Fi­re­balls kook teen Aloes, King­dom S­tars

Beeld - - Sport - Ann­chen Nel

Aan die brand!

Die Fi­re­balls was die na­week wit­warm in hul P­re­mier­liga­net­bal­wed­stry­de in Bell­vil­le.

Die Gau­ten­gers het die Aloes van die Oos-Kaap gis­ter met 7628 af­ge­ran­sel en Sa­ter­dag het die King­dom S­tars dit met 29-67 ont­geld.

Die Fi­re­balls se aan­val was seep­glad en hul ver­de­di­ging uit die boon­ste rak­ke.

Die ar­me Aloes had g’n raad nie. Die Fi­re­balls was reeds ná die eer­ste kwart ge­rief­lik voor met 17-7. Hul­le het in die twee­de kwart 18 doe­le by­ge­voeg en in die der­de kwart 22 (35-14 en 57-23).

Die Oos-Ka­pe­naars moes sweet vir él­ke doel.

El­sjé Jor­daan, die Fi­re­balls­af­rig­ter, sê haar span het goeie rit­me op die aan­val ge­had en die ver­de­di­gers het die druk vol­ge­hou.

Lin­die Lom­bard (hulp­doel) het weer ’n spog­ver­to­ning ge­le­wer. Sy is as die S­pe­ler van die Wed­stryd aan­ge­wys.

“Haar handspoed is on­ge­loof­lik. Sy is kre­a­tief en haar doel­ge­mid­deld was 92%,” sê Jor­daan.

Dié 27-ja­ri­ge Pro­tea het haar van­jaar van die Ja­guars by die Fi­re­balls aan­ge­sluit.

Dit was Jor­daan wat Lom­bard as 19-ja­ri­ge van ’n sen­ter in ’n hulp­doel om­skep het.

Die Fi­re­balls, wat met 14 pun­te spog, speel Sa­ter­dag ’n der­by teen die Noord-Gau­teng­se Ja­guars.

Die Ja­guars het ook 14 pun­te ná agt wed­stry­de.

Hul­le het die S­tars Vry­dag­aand met 55-40 ge­klop.

Om sa­ke in­te­res­sant te maak, het die Fla­mes van Noord­wes ook 14 pun­te ná agt wed­stry­de.

Die Fla­mes het Sa­ter­dag­aand die C­ri­nums, die ver­de­di­gen­de kam­pi­oen, met 54-40 (27-22) ge­klop.

Die Wes-Kaap­se S­tings is in die vier­de plek, met 12 pun­te. Hul­le het een wed­stryd min­der ge­speel.

Die S­tings het in hul e­nig­ste wed­stryd van die na­week met 60-36 met die Ba­o­babs af­ge­re­ken.

Die laas­te groep­wed­stry­de word die na­week in Bloem­fon­tein be­slis.

Die reeks duur tot 11 Ju­nie.

Fo­to: JA­CO MA­RAIS

Lin­die Lom­bard, hulp­doel van die Fi­re­balls, het in Sa­ter­dag se P­re­mier­liga­wed­stryd teen die S­tars sen­ter ge­speel.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.