Ar­se­nal sê koe­baai vir Kam­pi­oe­ne­li­ga

Beeld - - Sport - Mar­nus Kok

Ar­se­nal se sok­ker­span sal die eer­ste keer in 20 jaar nie aan die Eu­ro­pe­se Kam­pi­oe­ne­li­ga deel­neem nie.

Dít volg na­dat die Gun­ners vyf­de in die P­re­mier­liga ge­ëin­dig het. Slegs die boon­ste vier span­ne kwa­li­fi­seer om aan die Eu­ro­pe­se Kam­pi­oe­ne­li­ga deel te neem.

Ar­se­nal het wel gis­ter E­ver­ton met 3-1 ge­troef, maar dit was te min en te laat.

Die skrif was reeds voor gis­ter aan die muur vir Ar­se­ne Wen­ger-hul­le (75 liga­pun­te) wat ne­ge van hul 38 wed­stry­de in die li­ga ver­loor en in ses ge­lyk­op ge­speel het.

Die span moes staat­maak op ’n sa­me­loop van om­stan­dig­he­de om in die boon­ste vier te ein­dig. Man­ches­ter Ci­ty moes teen Wat­ford vas­val en Li­ver­pool teen Midd­les­brough, dan sou die span van Lon­den nog ’n bui­te­kans ge­had het.

Maar dit het nie ge­beur nie, met Li­ver­pool wat Midd­les­brough met 3-0 en Man­ches­ter Ci­ty wat Wat­ford ge­mak­lik met 5-0 ge­klop het.

C­hel­sea (93 liga­pun­te), wat die P­re­mier­liga-ti­tel ver­o­wer het, is saam met Tot­ten­ham Hot­spur (86), Man­ches­ter Ci­ty (78) en Li­ver­pool (76) die boon­ste vier span­ne wat kwa­li­fi­seer om aan die Eu­ro­pe­se Kam­pi­oe­ne­li­ga deel te neem.

Die 67-ja­ri­ge Wen­ger, wat reeds se­dert 1996 die sweep by Ar­se­nal klap, se kop word uit al­le oor­de ge­ëis.

Daar is Vry­dag be­rig dat so­wat 15 000 Ar­se­nal-sei­soen­kaart­jie­hou­ers weg­ge­bly het van Dins­dag se wed­stryd teen Sun­der­land uit pro­tes teen Wen­ger se voort­ge­set­te be­trok­ken­heid by die klub.

Vol­gens die­self­de be­rig sal Wen­ger bin­ne die vol­gen­de paar dae weet wat sy lot is.

Fo­to: GETTY IMAGES

Plat­ge­slaan. Ar­se­nal se A­lex I­wo­bi ty­dens gis­ter se wed­stryd teen E­ver­ton. Selfs ’n oor­win­ning oor E­ver­ton kon die Gun­ners nie van ’n Kam­pi­oe­ne­li­ga­te­leur­stel­ling red nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.