Oom slaan teen­stan­der

Beeld - - Sport - – Reuters

Die A­me­ri­kaan­se su­per­mid­del­ge­wig­bok­ser And­re Dir­rel het om ver­sko­ning ge­vra ná sy oom, Le­on Law­son, sy teen­stan­der ge­slaan het.

Die voor­val het in Washing­ton plaas­ge­vind waar Dir­rel teen Jo­se U­z­ca­teg­ui van Ve­ne­zu­e­la ge­boks het.

U­z­ca­teg­ui is ge­dis­kwa­li­fi­seer om­dat hy aan­hou boks het ná die klok reeds vir die ein­de van die agt­ste ron­de ge­lui het.

Ter­wyl Dir­rel me­die­se aan­dag ge­kry het, het Law­son – wat een van sy hel­pers was – in die kryt ge­spring.

Hy het U­z­ca­teg­ui met ’n ge­wel­di­ge lin­ker­haak teen die ka­ke­been ge­mo­ker voor hy vas­ge­gryp is.

“My oom gee om vir my. Hy het my lief. Ver­ge­we hom, as­se­blief,” het Dir­rel ge­sê.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.