Faf wys hy’s weer perd­fris met 50­tal

Beeld - - Sport - Mar­nus Kok

Faf du P­les­sis het dui­de­lik nie meer las van die seer skou­er wat hom uit die eer­ste op­war­mings­wed­stryd Vry­dag teen Sus­sex ge­hou het nie.

Dít na­dat hy gis­ter 50 lo­pies van 57 bal­le in die Pro­te­as se se­ge van 13 lo­pies oor Northamp­tons­hi­re aan­ge­te­ken het.

Die aan­vank­li­ke ver­moe­de was dat hy in nie in een van die twee op­war­mings­wed­stry­de voor die een­dag­reeks teen En­ge­land be­gin, in ak­sie sou wees nie.

Die Pro­te­as het die loot ge­wen en be­sluit om eer­ste te kolf.

Met die uit­son­de­ring van Quin­ton de Kock, wat vir nul uit is, het die an­der kol­wers in die to­por­de al­mal waar­de­vol­le tyd voor die pen­ne deur­ge­bring.

De Kock, wat Vry­dag 104 lo­pies teen Sus­sex aan­ge­te­ken het in die eer­ste slyp­stryd, het net se­we bal­le staan­de ge­bly voor­dat hy deur Ri­chard G­leeson been voor paal­tjie be­trap is.

Hashim Am­la (59), Da­vid Mil­ler (51) en Far­haan Ber­ha­dien (33) en Du P­les­sis het die Suid-A­fri­ka­ners tot 275/7 in hul­le toe­ge­la­te 50 boul­beur­te help voer.

Am­la se vyf­tig­tal volg kort op die hak­ke van die twee hon­derd­tal­le en twee vyf­tig­tal­le wat hy in die af­ge­lo­pe In­die­se P­re­mier­liga vir die Kings XI Pun­jab ge­mo­ker het.

Mil­ler, wat daar­voor be­kend is dat hy die wil­ger­lat in­lê, het ’n stem­mi­ge 51 lo­pies van 53 bal­le wat slegs twee grens­houe, twee ses­se, in­ge­sluit het aan­ge­te­ken.

In die tuis­span se kolf­beurt het Chris Mor­ris met die der­de bal toe­ge­slaan deur Ben Duc­kett vir ’n nul­le­tjie te­rug kleed­ka­mer toe te ge­stuur.

Daar­na het Max Hol­den met 55 lo­pies van so­veel bal­le die Pro­tea-bou­lers vir ’n wy­le frus­treer, voor­dat Im­ran Ta­hir sy paal­tjie ge­neem het.

Maar dit was so hit­te­te of die Pro­te­as het ’n ver­ne­de­ren­de loe­sing ge­ly. ’n Hard­nek­ki­ge 54 lo­pies van 43 bal­le deur die de­bu­tant Tom So­le, wat op nom­mer ne­ge gaan kolf het, het so am­per­tjies ’n oor­win­ning vir Northamp­tons­hi­re ver­se­ker. ) Die eer­ste van drie een­dag­wed­stry­de teen En­ge­land word Woens­dag op He­a­ding­ley in Leeds be­slis.

Fo­to: GETTY IMAGES

Die Pro­te­as se Faf du P­les­sis het gis­ter in ’n op­war­mings­wed­stryd teen Northamp­tons­hi­re ge­wys dat hy her­stel het van ’n skou­er­be­se­ring met ’n tel­ling van 50 lo­pies.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.