Nol­lis weet of hy on­der val­byl gaan be­land

Beeld - - Sport - Chris­to Bu­ch­ner

Met die uur­glas wat vin­nig be­sig is om vir hom leeg te loop as af­rig­ter van die Bul­le se Su­per­rug­by­span, sê Nol­lis Ma­rais hy weet pre­sies wat die toe­koms vir in­hou.

Na­dat daar Sa­ter­dag nog ’n spy­ker in sy kis ge­slaan is in die ne­der­laag met 14-51 teen die Leeus op El­lis­park, het Ma­rais ge­sê die Bul­le se uit­voe­ren­de raad het ver­le­de week sa­me­spre­kings met hom ge­voer en “dat ek weet wat met my gaan ge­beur.

“’n Aan­kon­di­ging kan bin­ne- kort ver­wag word,” het hy ge­sê.

Die Bul­le se jong kap­tein, Han­ro Lie­ben­berg, het ook er­ken die spe­lers is ook in­ge­lig oor die be­sluit.

Al­les dui daar­op dat die dun draad­jie waar­aan Ma­rais se af­rig­ter­s­loop­baan by die Su­per­span hang ná ’n baie te­leur­stel­len­de sei­soen, bin­ne­kort ge­knip sal word.

Daar is in die Son­dag­me­dia be­spie­gel dat die Bok-hulp­af­rig­ter Jo­hann van Graan ’n moont­li­ke op­vol­ger vir Ma­rais is.

Die be­le­ër­de Ma­rais glo die on­be­sten­dig­heid op die veld is die Bul­le se groot dood­steek.

“Ver­al ons vas­te fa­set­te kom net nie tot hul reg nie. Een week is dit die lyn­sta­ne wat lol, dan is dit die skrums. Ons vas­te fa­set­te moet een­vou­dig baie ver­be­ter,” sê hy.

On­danks die ne­der­laag was Ma­rais vol lof vir die spel én lei­er­skap van die agt­ste­man en kap­tein, Han­ro Lie­ben­berg.

“Ont­hou dat Han­ro maar net 21 jaar oud is. Ek glo hy gaan ont­wik­kel in ’n won­der­li­ke kap­tein en ’n S­pring­bok van ge­hal­te.

“Din­ge kon ná die eer­ste helf­te reg­tig le­lik ge­raak het, maar Han­ro het die ou­ens by­me­kaar ge­hou en goed ge­veg in die twee­de helf­te. Dit sê baie vir die soort s­pe­ler wat hy is,” het Ma­rais ge­sê.

“Ons het in daar­die eer­ste helf­te net té veel fou­te be­gaan en hul­le (Leeus) het ons daar­voor ge­straf. Ons was die heel­tyd op die ag­ter­voet.

“Ver­troue maak ook ’n groot ver­skil en dit is nie iets wat ons nou het nie,” er­ken die af­rig­ter.

“Ons wil die spa­sie op die veld aan­val en be­nut, maar as jy jou­self nie in ’n po­si­sie plaas om dit te kan doen nie, help die bes­te van i­dees niks nie.”

Lie­ben­berg glo ook die er­va- ring om teen ’n top­span soos die Leeus in die ge­laai­de at­mos­feer van El­lis­park te speel, sal help om van hom ’n be­ter kap­tein te maak.

Jo­han Ac­ker­mann, die Leeus se af­rig­ter, het wel be­moe­di­gen­de woor­de vir die Bul­le ge­had.

“Dit was be­slis nie om­dat hul­le nie pro­beer het nie. As jy kyk na hoe hul span in die Su­perS­port-reeks ge­speel het (Blou Bul­le het die Goue Leeus met 37-35 ge­klop) sien jy hul­le het on­ge­loof­li­ke spe­lers.

“Dit gaan oor ver­troue en ’n span­po­ging om din­ge vir hul­le te laat ver­an­der,” het hy van die Bul­le se Su­per­span ge­sê.

Die bult raak ook al hoe stei­ler vir die Bul­le, want Sa­ter­dag wag die om­ge­suk­kel­de Hur­ri­ca- nes op Lof­tus.

Vol­gens Ma­rais sal die Bul­le van­dag “voor­raad-op­na­me” doen voor dié stryd.

Fo­to: GALLO

Nol­lis Ma­rais (links) en Han­ro Lie­ben­berg Sa­ter­dag­aand.

Comments

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.