‘Vlieg­tuig SA sal nie val en ANC nie skeur’

Beeld - - Nuus - P­hil­da Es­sop en News24

Die ANC sal nie skeur nie, sê adj.pres. Cy­ril Ra­map­ho­sa.

Hy het dit ook “’n bie­tjie er­ger­lik” aan die kre­diet­gra­de­rings­a­gent­skap Moody’s ge­sê toe dié Vry­dag op ’n ver­ga­de­ring be­weer hul­le sien te­kens wat op ’n skeu­ring dui.

“Ons sal nie toe­laat dat die ANC skeur nie. Ek het ge­sê dit sal nie ge­beur nie om­dat die ANC die ver­ant­woor­de­lik­heid het om die men­se te ver­e­nig en dat die ANC sy eie ver­ant­woor­de­lik­heid het om ver­e­nig te bly,” het Ra­map­ho­sa gis­ter in die Mo­ses Ko­ta­ne-ge­denk­le­sing in Rus­ten­burg ge­sê.

Hy het ge­sê die ANC en die al­li­an­sie moet meer be­hep daar­mee wees om die e­ko­no­mie te trans­for­meer om­dat dit steeds lyk soos voor 1994.

“Din­ge moet nou ver­an­der. Ons taak ná die De­sem­ber-kon­fe­ren­sie is om te be­paal hoe ons die e­ko­no­mie gaan ver­an­der om die men­se die de­mo­kra­sie-di­vi­dend te gee waar­na hul­le smag.

“Tans be­voor­deel ons e­ko­no­mie die paar men­se wat al­tyd e­ko­no­mies be­voor­deel is. ’n Meer ver­teen­woor­di­gen­de e­ko­no­mie moet ge­skep word.”

In sy ge­sprek­ke met kre­diet­gra­de­rings­a­gent­skap­pe het hy hul­le aan­ge­moe­dig om Suid-A­fri­ka as ’n vlieg­tuig met twee en­jins te be­skou. Die een en­jin is die sterk in­stel­lings van die land, soos die reg­bank, die o­pen­ba­re be­sker­mer, die Men­se­reg­te­kom­mis­sie, die Re­ser­we­bank, ver­skeie nie­re­ge­rings­or­ga­ni­sa­sies en ker­ke.

Die an­der en­jin be­staan vol­gens Ra­map­ho­sa uit die op­per­ge­sag van die reg.

Dit is twee kri­tiek be­lang­ri­ke en­jins wat sal voort­gaan om die vlieg­tuig te on­der­steun.

“Jul­le dink dalk die vlieg­tuig gaan val, maar ek het vir hul­le ge­sê dié vlieg­tuig gaan nie val nie.

“Die men­se van Suid-A­fri­ka is die vlieg­tuig se romp en hul­le sal nie toe­laat dat die de­mo­kra­sie waar­voor hul­le ge­veg het, weg­ge­vat word van hul­le nie.

“Die Suid-A­fri­kaan­se vlieg­tuig gaan nie neer­stort nie. Hy gaan sy be­stem­ming be­reik,” het hy on­der lui­de ap­plous ge­sê.

Fo­to: REUTERS

Adj.pres. Cy­ril Ra­map­ho­sa

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.