Tuks, Ma­ties in fi­naal

Beeld - - Sport - – S­port­re­dak­sie

Die vroue­hok­kie­span­ne van UP­Tuks en Ma­ties pak me­kaar van­dag by die U­ni­ver­si­teit van P­re­to­ria in die eind­stryd van van­jaar se Var­si­ty­reeks.

Daar is min te kies tus­sen die twee span­ne.

Al­bei het met 18 liga­pun­te ge­ëin­dig, maar UP­Tuks was eer­ste op die pun­te­lys dank­sy ’n be­ter doe­le­ver­skil.

UP­Tuks het in die eer­ste ron­de 35 doe­le aan­ge­te­ken en net een af­ge­staan. Die P­re­to­ri­a­ners se sleu­tel­spe­lers is Na­ta­lie Este­ves, Cat­her­i­ne Mor­ris, C­hané Hill en I­zel­le Ver­ster.

Ma­ties sal weer swaar leun op spe­lers soos Tar­ryn Glas­by en Ni­co­le le F­leur. Glas­by is hier­die sei­soen vyf keer as die s­pe­ler van die wed­stryd aan­ge­wys.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.