Ol­ke­bol­ke­rug­by­stol­ke

Beeld - - Front Page - Foto’s: DEAAN VIVIER, GETTY

Du­a­ne Ver­meu­len (links) of War­ren W­hi­te­ley (bo) as kap­tein, of speel Al­lis­ter Coet­zee vir tyd? Wan­neer Coet­zee van­dag sy eer­ste groep van dié jaar aan­kon­dig, sal dit dalk son­der ’n kap­tein wees. W­hi­te­ley is ver­re­weg die bes­te kan­di­daat, sê S­wys de Bruin, aan­valsaf­rig­ter van die Leeus, maar Ver­meu­len moe­nie bui­te re­ke­ning ge­laat word nie. Die aan­kon­di­ging is van­dag 13:00 op SS1.

Die aan­kon­di­ging van die S­pring­bok-af­rig­ter Al­lis­ter Coet­zee se eer­ste groep van die jaar sal die slui­er lig op ’n paar van Bok-on­der­steu­ners se groot­ste vrae, maar die bran­dend­ste vraag – wie gaan voor draf? – sal waar­skyn­lik nie van­dag al be­ant­woord word nie.

Na ver­neem word, sal Coet­zee net soos ver­le­de jaar maak en nie die nu­we kap­tein aan­wys nie wan­neer hy die 31 spe­lers aan­wys wat Frank­ryk se Ha­ne aan­staan­de maand pak.

Twaalf maan­de ge­le­de is A­dri­aan S­trauss se kap­tein­skap eers ’n week ná die sa­me­stel­ling van die groep wat Ier­land ge­pak het, be­ves­tig.

Dit is ’n oop ge­heim dat die los­voor­spe­lers War­ren W­hi­te­ley en Du­a­ne Ver­meu­len in die bin­ne­baan is om by S­trauss oor te neem. Wat Coet­zee se taak be­moei­lik, is dat Ver­meu­len by geen van van­jaar se oe­fen­kam­pe was nie, weens sy ver­plig­tin­ge by Tou­lon in Frank­ryk.

Tou­lon speel boon­op Vry­dag in die half­eind­ron­de van die Top14-li­ga teen La Ro­chel- le en as hul­le dié een wen, sal Ver­meu­len vol­gen­de Son­dag­aand (4 Ju­nie) in die eind­stryd moet speel voor­dat hy Suid-A­fri­ka toe kan kom.

Die eer­ste toets teen die Fran­se is net ses dae la­ter.

Coet­zee het ver­le­de sei­soen ge­sê hy sou ver­kies dat S­trauss se op­vol­ger sy rug­by in Suid-A­fri­ka speel. Dit het ’n spe­ler soos die S­tor­mer­s­kap­tein, Siya Ko­li­si, in die ge­sprek ge­bring, maar hy is nie se­ker van ’n plek in die Bok­be­gin­span nie.

Wat die res van die span be­tref, was daar heel­wat vir Coet­zee om aan te herkou.

Hy moes by­voor­beeld be­sluit of hy ’n paar ve­te­ra­ne van oor­see sou ont­bied of eer­der jong spe­lers wat in die Su­per­reeks be­ïn­druk het, ’n kans wil gee.

Coet­zee is wyd ge­kri­ti­seer na­dat hy Mor­né S­teyn ver­le­de jaar in die Rug­by-kam­pi­oen­skap ge­kies het en daar sal weer in som­mi­ge oor­de ge­brom word as hy ou han­de soos Bry­an Ha­ba­na, S­teyn en Bis­marck du P­les­sis as kort­ter­myn-op­los­sings na­der trek.

Ha­ba­na is by­voor­beeld ’n stryd­ros van 124 toet­se, maar hy word oor ’n paar dae 34 en is geen be­leg­ging vir die toe­koms nie.

Dil­lyn Leyds (S­tor­mers), Ma­ka­zo­le Ma­pim­pi (Kings) en Court­nall S­ko­san (Leeus) is die e­nig­ste vleu­els by die Bok-oe­fen­kamp in Jo­han­nes­burg, maar Ru­an Com­brinck het Sa­ter­dag in sy eer­ste Su­per­rug­by-wed­stryd van die jaar met mag en me­ning in die Bok-ge­sprek in­ge­storm.

Nog ’n groot kop­seer is die los­ska­kel-po­si­sie, waar be­se­rings aan Han­dré Pol­lard en Pat Lam­bie Coet­zee se le­we moei­lik ge­maak het.

El­ton Jan­tjies, die Leeus se nr. 10, is – net soos ver­le­de sei­soen – Suid-A­fri­ka se voor­ste los­ska­kel in Su­per­rug­by.

Hy het eg­ter in 2016 die kluts kwyt­ge­raak op in­ter­na­si­o­na­le vlak en het met al min­der self­ver­troue ge­speel na­dat hy by die be­seer­de Lam­bie oor­ge­neem het.

Heel­wat oë is nou op Li­o­nel Cron­jé, wat in die Kings-trui stem dik maak, maar wie se ge­brek aan er­va­ring op in­ter­na­si­o­na­le vlak ge­meld moet word.

Nie een van die skrum­ska­kels op ver­le­de sei­soen se jaar­eind­toer – Ru­dy Pai­ge, Piet van Zyl of Faf de K­lerk – is by die hui­di­ge oe­fen­kamp nie. Fran­cois Hou­gaard, wat een van die Wor­ces­ter War­ri­ors se staat­ma­kers in En­ge­land is, is die guns­te­ling om die oond skoon te maak, ter­wyl die Leeus se Ross Cron­jé en Ja­no Ver­maak van die S­tor­mers die an­der nr. 9’s in die groep kan wees.

Die stief­kind van Suid-A­fri­kaan­se rug­by, Frans S­teyn, kan te­rug wees in die Bok­prent­jie. Dit sal voorts in­te­res­sant wees om te sien of Coet­zee Wil­lie le Roux weer ’n kans gee en of Jes­se K­riel saam met ’n on­be­son­ge staat­ma­ker soos Andries Coet­zee van die Leeus voor­keur kry.

Daar be­hoort nie e­ni­ge ver­ras­sings in die agt­tal te wees nie.

Foto: GALLO IMAGES

Lei War­ren W­hi­te­ley die S­pring­bok­ke teen Frank­ryk?

Foto: GALLO IMAGES

Du­a­ne Ver­meu­len het wye on­der­vin­ding.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.