Hou va­kan­sie son­der geld­sor­ge

Beeld - - Front Page -

Droom jy van ’n va­kan­sie son­der die sor­ge van ’n oor­trok­ke bank­re­ke­ning wan­neer jy weer tuis is? ’n Va­kan­sie waar jy reg­tig kan rus son­der om oor geld be­kom­merd te wees?

Beeld se groot Prys­bo­nan­za be­gin Don­der­dag en ons gee tot 22 Ju­nie tien­tal­le va­kan­sies en an­der lek­ker pryse weg.

Die va­kan­sies sluit in mid­week-weg­bre­ke by e­ni­ge ATKVoord, na­we­ke in die La­e­veld en Bal­li­to en selfs ’n va­kan­sie van vyf nag­te vir ses men­se by die Tu­li-wild­re­ser­vaat in Botswa­na.

Be­stem­mings is on­der meer Sa­bi S­tar C­ha­lets in Sa­bie, die Coun­try Bou­ti­que Ho­tel en Ing­we­nya­ma in Wit­ri­vier, Daw­sons Ga­me and Trout Lod­ge in Bar­ber­ton, Le­ri­ba Co­as­tal Lod­ge in Bal­li­to, Le­ri­ba Bush Lod­ge in P­ha­la­bor­wa, die Lost Trail Bed & Bre­ak­fast in M­bom- be­la en Blue Moun­tain Lod­ge tus­sen Sa­bie en Ha­zy­view.

Be­ne­wens va­kan­sies, gee ons ook toe­gangs­kaart­jies vir die In­ni­bos-kuns­te­fees weg wat van 5 tot 8 Ju­lie in M­bom­be­la ge­hou word. Jy kan ook dub­bel­kaart­jies wen vir spe­si­fie­ke ver­to­nings op In­ni­bos, soos Fie­la se kind, Beurt­krag, Ko­ö­pe­ra­sie­sto­ries, Voks­be­sit met S­chalk Be­zui­den­hout, Kaal van Elvis Blue, 15 jaar met kla­vier en ki­taar van Jak de P­rie­ster, F­len­nie die sna­re, Op my eish van Neels van Jaars­veld en ’n ver­to­ning van Dow­we Dol­la.

Ons gee ook el­ke dag kon­tant weg.

Dit is baie mak­lik om in te skryf. Ons steek el­ke dag ’n sleu­tel­woord in die koe­rant weg. Om deel te neem en ’n kans te hê om ’n prys te wen, SMS die sleu­tel­woord, jou naam en van as­ook waar jy woon na 35986.

El­ke SMS kos R1,50 en die SMS-lyn sluit daag­liks om 00:00.

Hou Beeld en die koe­rant se Facebook-blad dop vir meer in­lig­ting en be­pa­lings en voor­waar­des.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.