‘Net skul­di­ges is bly as klag­te ge­los word’

Beeld - - Front Page - Mal­her­be Nie­na­ber

Net skul­di­ge men­se voel ver­lig as aan­klag­te teen hul­le te­rug­ge­trek word, het Ja­mes Dal­ton (44), oud-S­pring­bok, bui­te die hof ge­sê na­dat die saak wat ge­volg het op sy be­weer­de stry­e­ry met po­li­sie­le­de van die rol ge­skrap is.

Dal­ton het gis­ter­og­gend vlug­tig in die land­dros­hof in Kaap­stad ver­skyn waar hy in ken­nis ge­stel is dat die vier aan­klag­te teen hom te­rug­ge­trek is.

Hy is van aan­ran­ding, roe­ke­lo­se of na­la­ti­ge be­stuur, cri­men in­ju­ria en ver­set teen in­heg­te­nis­ne­ming aan­ge­kla.

Dié aan­klag­te het ge­spruit uit ’n voor­val in Fe­bru­a­rie in See- punt toe ’n stry­e­ry met po­li­sie­le­de glo hand­uit ge­ruk het na­dat ’n man Dal­ton daar­van be­skul­dig het dat hy in sy mo­tor vas­ge­ry het.

Toe Dal­ton in­ge­lig is dat die aan­klag­te te­rug­ge­trek is, het hy blits­vin­nig uit die hof na sy mo­tor ge­stap.

Dal­ton is ná sy in­heg­te­nis­ne­ming in Fe­bru­a­rie op borg­tog van R1 500 vry­ge­laat. Hy is aan­vank­lik ook van in­ti­mi­da­sie be­skul­dig toe hy in heg­te­nis ge­neem is.

Die voor­ma­li­ge S­pring­bok voer aan dat hy nie in ’n on­ge­luk was nie en aan die po­li­sie­le­de ge­sê het om te gaan kyk dat daar geen ska­de aan sy mo­tor is nie.

Ja­mes Dal­ton

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.