RAMAPHOSA IS NIE MEER TEEN DIE TOUE, SÊ MAX

Beeld - - Front Page - Max du P­reez

Daar trek Cy­ril Ramaphosa toe ’n “ro­pe-a-do­pe”-truuk en kry sy neus voor in die re­sies om as die vol­gen­de lei­er van die ANC aan­ge­wys te word. Cy­ril bo­maye!

Laat ek ver­dui­de­lik. In 1974 het Mu­ham­med Ali vir Ge­or­ge Fo­re­man vir ’n ge­veg om die swaar­ge­wig­boks­ti­tel van die wê­reld uit­ge­daag. Dit het in Za­ï­re (nou die DRK) plaas­ge­vind en is die “Rum­ble in the Jungle” ge­doop. Dit was een van die sen­sa­si­o­neel­ste boks­ge­veg­te in die ge­skie­de­nis. Ali was die pu­bliek se lief­ling en hul kreet was “Ali bo­maye!” – speel klaar met hom Ali.

Fo­re­man was die guns­te­ling om te wen en dit het da­de­lik ge­lyk as­of hy gou met Ali gaan klaar­speel. Ali het teen die toue ge­lê en Fo­re­man het hom ge­na­de­loos met houe teen die lyf ge­pe­per. Maar teen die vyf­de ron­de het Ali skie­lik be­gin boks, ter­wyl Fo­re­man al uit­ge­put was. Ali het hom in die ne­gen­de ron­de plat­ge­slaan en die s­keids­reg­ter het die ge­veg be­ëin­dig. Ali het sy tak­tiek “ro­pe-a-do­pe” ge­noem.

Vir die laas­te jaar of twee is daar ge­reeld ge­sê Ramaphosa het geen rug­graat nie en Ja­cob Zu­ma do­mi­neer of uit­oor­lê hom. Ramaphosa het Zu­ma in die o­pen­baar on­der­steun en selfs in die par­le­ment ’n lan­sie vir hom ge­breek.

Hy’s ’n pap­perd, die Zu­ma-kamp gaan hom vir brek­fis op­eet, het men­se ge­sê. Die Zu­ma-Gup­ta-kamp het ook ge­dink hul­le gaan mak­lik met hom klaar­speel.

Tot drie we­ke ge­le­de, toe Ramaphosa by ’n her­den­king van Chris Ha­ni by ’n Co­sa­tu-ge­leent­heid ge­praat en die hand­skoe­ne af­ge­haal het. Se­dert­dien het hy by do­sy­ne ver­ga­de­rings land­wyd op­ge­tree en dit dui­de­lik ge­maak dat hy die man is wat die ANC uit die woes­tyn moet lei.

Ramaphosa praat steeds soms in ko­de­taal, maar sy ge­ho­re weet baie goed na wie hy ver­wys. Hy kri­ti­seer stem­ko­pe­ry voor die lei­er­skaps­ver­kie­sing, staat­skaping en kor­rup­sie en maak ge­reeld be­dek­te ver­wy­sings na die Gup­tas. Sy ge­wild­ste ar­gu­ment is dat die ANC na sy vo­ri­ge glo­rie te­rug­ge­neem moet word waar die par­ty vir die wer­kers en die ar­mes eer­der as vir ’n gie­ri­ge e­li­te om­ge­gee het. Sy bood­skap is dui­de­lik: Maak my die vol­gen­de pre­si­dent, of die ANC ver­loor die al­ge­me­ne ver­kie­sing in 2019.

N­ko­sa­za­na Dla­mi­ni-Zu­ma, sy groot­ste teen­stan­der, gaan vol­gen­de jaar te­rug­kyk en be­sef wat­ter tak­tie­se fla­ter dit was om haar huid­jie en muid­jie in die Zu­ma-Gup­ta-kamp te plaas toe sy met haar ver­kie­sings­veld­tog be­gin het. Haar hal­le­lu­ja-koor is al­mal sleg ge­dis­kre­di­teer: die ANC-vrou­e­li­ga on­der Bat­ha­bi­le Dla­mi­ni, die Jeug­li­ga on­der Col­len Mai­ne, en die pre­miers van ver­al die Vry­staat en Noord­wes, Ace Ma­gas­hu­le en Su­pra Ma­hu­ma­pe­lo. En na­tuur­lik Gup­ta-TV, ANN7.

As sy haar tus­sen­in die ver­skil­len­de fak­sies ge­plaas het, sou Dla­mi­ni-Zu­ma ’n baie be­ter kans ge­staan het. Nou is sy net “nog ’n Zu­ma”.

Ramaphosa se ont­wa­king is net be­tyds, want die ANC se be­leids­kon­fe­ren­sie wat vol­gen­de maand ge­hou word, kan baie be­lang­rik wees vir die lei­er­stryd.

Ramaphosa is nou die SAKP en Co­sa­tu se voor­keur­kan­di­daat en hoop om naas Gau­teng en die Noord-Kaap ook die Wes- en Oos-Kaap se keu­se te wees, dalk selfs M­pu­ma­lan­ga s’n. In­tus­sen is die Zu­ma-kamp hoogs ont­steld om­dat hy in K­waZu­lu-Na­tal, die twee Zu­mas se ag­ter­plaas, gaan stem­me werf.

Ramaphosa hoop om bin­ne­kort ook die al­ba­tros om sy nek, die aan­klag dat hy by die Ma­ri­ka­na-slag­ting be­trok­ke was, af te skud wan­neer hy met die hulp van Win­nie Ma­di­ki­ze­la-Man­de­la die myn se we­du­wees gaan ont­moet.

In­tus­sen ver­sterk el­ke nu­we Zu­mas­kan­daal, soos die B­ri­an Mo­le­fe-sa­ge, Ramaphosa se hand. En glo my maar, daar is nóg er­ge Zu­ma-skan­da­le op die na­bye ho­ri­son.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.