Aan­val op plaas

Man sterf, maar sy vra vre­de

Beeld - - Front Page - Su­san Cil­liers

Mar­let­te G­rey­ling, wie se man, BC, ’n week ge­le­de op hul plaas na­by Sannieshof ver­moor is, vra dat men­se die ge­beu­re in ’n ge­sind­heid van ver­gif­nis en vre­de han­teer.

“As ons toe­gee aan ras­se­haat, ver­sterk ons juis dít wat die vy­and wil hê,” sê Mar­let­te deur haar ja­re lan­ge vrien­din, Carín Vis­ser.

Mar­let­te is ge­wond en BC (59) se be­jaar­de ma, Mag­da­leen, is erg ge­trau­ma­ti­seer. Mag­da­leen het ten ty­de van die aan­val on­der ’n ta­fel weg­ge­kruip.

Die ses ver­meen­de aan­val­lers het gis­ter in die land­dros­hof in De­la­rey­vil­le ver­skyn. Fran­ce Ku­bo­ne (26), Te­bo­go Mo­go­lot­sa- ne (28), S­mall Mok­ge­le (29), Za­cha­ria Ny­a­li­mat­he (33), Mus­o­na Ny­a­thi (35) en Jo­seph Za­ke­nya (32) word aan­ge­kla van moord, po­ging tot moord en huis­roof. Hul saak is uit­ge­stel tot 29 Mei vir ’n for­me­le borg­to­gaan­soek en regs­ver­teen­woor­di­ging, sê sers. Ke­le­bo­gi­le Mo­le­ko, po­li­sie­woord­voer­der in Noord­wes.

Die ses het na be­we­ring deur ’n ven­ster by die plaas­huis in­ge­kom ter­wyl die fa­mi­lie om­streeks 19:30 aand­e­te ge­ëet het. Hul­le wou geld en wa­pens hê.

BC is twee keer ge­skiet en het op die to­neel ge­sterf. Mar­let­te is in die bo­lyf ge­wond, maar geen be­lang­ri­ke or­ga­ne of are is ge­tref nie. Sy is in­tus­sen uit die hos­pi­taal ont­slaan.

Die ses is twee dae ná die aan­val vas­ge­trek. Drie sel­fo­ne wat in die roof­tog ge­steel is, is glo in hul be­sit ge­vind. Die G­rey­lings se dub­bel­ka­juit­bak­kie is ure ná die aan­val ver­la­te in Ot­tos­dal ge­vind.

Die G­rey­lings se twee seuns wat in Ka­na­da boer, Ger­hard en Ma­ri­us, het ver­le­de week na Suid-A­fri­ka ge­kom, sê Vis­ser.

Die G­rey­lings se an­der seun, Chris­to, boer na­by Ot­tos­dal.

BC se be­graf­nis­diens is oor­mô­re 11:00 in die NG kerk in Sannieshof.

Mar­let­te G­rey­ling ver­le­de week in die An­n­cron­hos­pi­taal in Klerksdorp toe sy van die ho­ë­sorg­een­heid na ’n ge­wo­ne saal oor­ge­plaas is.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.