K­nor­rig

Tier van kant ge­maak

Beeld - - Front Page - El­sje du Toit

Cor­bett, die tier wat die rol­prent­ma­ker John Var­ty des­tyds aan­ge­val het, moes van kant ge­maak word om­dat hy ’n “reeks­moor­de­naar” ge­word het weens te veel ag­gres­sie.

Lui­dens Var­ty se nuus­brief het die agt jaar oue tier al vier van sy an­der tie­re dood­ge­maak en drie keer uit die bo­ma ont­snap.

“Ná deeg­li­ke be­sin­ning het ek Cor­bett van kant ge­maak,” lui die brief.

In 2012 was Var­ty be­sig om die hek van ’n kamp tus­sen twee kam­pe toe te maak na­dat hy en ’n TV-span beeld­ma­te­ri­aal van ’n an­der tier op­ge­neem het. Die twee kam­pe se hek­ke is by­me­kaar. In ’n sta­di­um het Cor­bett sy poot deur die hek ge­steek en Var­ty ge­gryp. Die man­ne­tjie het Var­ty so hard teen die hek vas­ge­pen dat van sy rib­be ge­breek het. Cor­bett het Var­ty ook be­gin byt.

Var­ty was so­wat twee we­ke in die hos­pi­taal.

“Som­mi­ge men­se sê dit (die van kant maak) is iets goeds wat met ’n sleg­te tier ge­beur het. Ek het nog nooit so ge­voel nie. Dit is steeds ’n groot ver­lies en ek is steeds ’n groot be­won­de­raar van tier Cor­bett.”

Cor­bett het “al die ei­en­skap­pe ge­had om ’n ter­ri­to­ri­a­le tier te word”.

“Om­dat hy met tes­tos­te­roon oor­laai was, was hy vrees­lik ag­gres­sief. Hy het man­ne­tji­een wy­fie­tie­re dood­ge­maak. Hy het ’n reeks­moor­de­naar ge­word.”

Hoe­wel Cor­bett Var­ty aan­ge­val het en “by­na my le­we en die Ti­ger Ca­nyons-pro­jek be­ëin­dig het”, sal Var­ty aan­hou om hom te be­won­der.

“Hy was baie goed ge­teel en ek ver­moed hy het die skaars re­ses­sie­we wit­geen ge­dra.

“Van­dag is ek dank­baar vir tier Cor­bett se aan­val op my om­dat ek dit oor­leef het – dit het my le­we ver­ryk.

“Cor­bett se dood is die ein­de van ’n era en ho­pe­lik sal nu­we man­ne­tjies sy plek in­neem. Rus in vre­de, Cor­bett.”

Var­ty kon nie vir kom­men­taar be­reik word nie.

Cor­bett die tier, wat John Var­ty van kant moes maak om­dat hy te ag­gres­sief ge­raak het.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.