‘LP’s moet kyk dat E­s­kom ver­be­ter’

Beeld - - Nuus - L­le­wel­lyn P­rin­ce

Dit is die par­le­ment se ver­ant­woor­de­lik­heid om te ver­se­ker dat E­s­kom weer goed be­stuur word.

Dit is waar­om die DA die par­le­ment ver­soek het om drin­gend ’n vol­le­di­ge on­der­soek na E­s­kom, en ver­al die her­aan­stel­ling van B­ri­an Mo­le­fe as uit­voe­ren­de hoof, te doen, sê Natasha Mazzone, DA-woord­voer­der oor o­pen­ba­re on­der­ne­mings.

Die DA het die por­te­feul­je­ko­mi­tee oor o­pen­ba­re on­der­ne­mings ver­soek om Lyn­ne Bro­wn, mi­nis­ter van o­pen­ba­re on­der­ne­mings, en die di­rek­sie van E­s­kom te ver­soek om al­le re­le­van­te do­ku­men­te oor Mo­le­fe se her­aan­stel­ling na die ko­mi­tee te bring.

Bro­wn en die di­rek­sie van E­s­kom ver­skyn van­og­gend vir die eer­ste keer se­dert die her­rie ver­le­de week oor Mo­le­fe los­ge­bars het voor dié par­le­men­tê­re oor­sig­ko­mi­tee.

Mazzone het gis­ter ge­sê die DA het ver­soek dat ko­mi­tee­le­de voor die tyd die do­ku­men­te ont­vang om voor te be­rei vir van­dag se ver­ga­de­ring, en dat “Bro­wn nie ver­der ag­ter kan weg­kruip ag­ter ’n ar­gu­ment dat die aan­ge­leent­heid sub ju­di­ce is nie”.

Die do­ku­men­te sluit in: ) No­tu­les van die E­s­kom-di­rek­sie se ver­ga­de­rings in ver­band met Mo­le­fe se her­aan­stel­ling; ) Mo­le­fe se aan­vank­li­ke werks­kon­trak, so­wel as sy kon­trak met sy her­aan­stel­ling; ) Die brief van die E­s­kom-di­rek­sie waar­in op­drag ge­gee is vir ’n “goue hand­druk” van R30 mil­joen vir Mo­le­fe; en ) Bro­wn se brief waar­in sy die E­s­kom-di­rek­sie se be­sluit goed­keur om Mo­le­fe weer aan te stel.

Vol­gens Mazzone is daar ’n to­ta­le in­een­stor­ting van goeie be­stuur by E­s­kom, ter­wyl Bro­wn se be­weer­de ge­brek aan be­lang­stel­ling in ver- band met die ka­ping van E­s­kom “deur die Zu­ma-Gup­ta-Ma­fia van kor­rup­sie ook nou te lank voort­duur”.

“Dit is dui­de­lik dat E­s­kom in ’n kri­sis ver­keer. In net se­we dae is die e­lek­tri­si­teits­voor­sie­ner in ver- skeie nu­we en diep kom­mer­wek­ken­de skan­da­le ge­dom­pel.”

Mazzone het ver­wys na adv. N­go­a­ko Ra­mat­l­ho­di, voor­ma­li­ge mi­nis­ter van mi­ne­ra­le bron­ne, se ont­hul­ling dat Mo­le­fe en dr. Ben N­gu­ba­ne, voor­sit­ter van die E­s­kom-di­rek­sie, pro­beer het om hom te dwing om G­len­co­re se Op­ti­mum-myn­li­sen­sies te­rug te trek om te ver­se­ker dat die Gup­tas G­len­co­re se steen­kool­my­ne kan oor­neem.

“E­s­kom het ’n toe­vlugs­oord vir men­se met po­li­tie­ke ban­de ge­word wat die staat­skof­fers plun­der.

“Ten spy­te daar­van dat p­res. Ja­cob Zu­ma by by­na al die erns­tig­ste skan­da­le by E­s­kom be­trek word, gryp hy nie in nie en is dit nou die par­le­ment se ver­ant­woor­de­lik­heid om te ver­se­ker dat E­s­kom weer goed be­stuur word,” het Mazzone ge­sê.

E­s­kom het ’n toe­vlugs­oord ge­word vir men­se met po­li­tie­ke ban­de wat die staat­skof­fers plun­der. — NATASHA MAZZONE

Foto: LUCKY NXUMALO

Lyn­ne Bro­wn

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.