DA­LP ver­kla oor twiet

Be­amp­tes ry van P­re­to­ria na Kaap om hom in te lig

Beeld - - Nuus - L­le­wel­lyn P­rin­ce

Vier po­li­sie­be­amp­tes het heel­pad van P­re­to­ria na die par­le­ment in Kaap­stad ge­ry om die DA se hoof­sweep in te lig dat David Mahlo­bo, mi­nis­ter van staats­vei­lig­heid, hom oor ’n twiet aan­ge­kla het.

Dis “in­ti­mi­da­sie­tak­tiek en ’n bla­tan­te ver­mor­sing van po­li­sie­hulp­bron­ne”, het John Steen­hui­sen gis­ter ge­sê.

Hy wil die aan­ge­leent­heid amp­te­lik met Ba­le­ka M­be­te, spea­ker van die Na­si­o­na­le Ver­ga­de­ring, be­spreek.

Vol­gens Steen­hui­sen was hy op 12 Mei in ’n ko­mi­tee­ver­ga­de­ring toe sy per­soon­li­ke as­sis­tent hom laat weet het daar is vier po­li­sie­be­amp­tes in sy kan­toor op die par­le­men­tê­re per­seel wat met hom wil praat.

Hy sê die po­li­sie­be­amp­tes het ge­sê hul­le is van die Gau­teng­se pri­o­ri­teits­mis­daad­een­heid en dat hul­le hom wil in­lig dat ’n amp­te­li­ke klag teen hom in­ge­dien is.

Mahlo­bo het die klag in­ge­dien kort na­dat Steen­hui­sen in Maart, ná die in­braak by die kan­toor van die hoof­reg­ter in Mid­rand, ge­twiet het: “My geld is op Mahlo­bo en die k*k SSA (staats­vei­lig­heids­a­gent­skap). Sein­blok­keer­der, denk­beel­di­ge me­di­askur­ke en on­be­hoor­li­ke in­bra­ke. In­ti­mi­da­sie van reg­bank.”

Die ANC het die in­braak ook sterk veroordeel, maar Steen­hui­sen aan­ge­val oor sy “wil­de, on­ge­toets­te” be­we­rings.

Die ANC het Mahlo­bo aan­ge­moe­dig om reg­stap­pe teen Steen­hui­sen te doen oor sy “las­ter­li­ke” stel­lings.

B­ri­an Du­be, Mahlo­bo se woord­voer­der, het gis­ter be­ves­tig dat die klag in­ge­dien is.

Steen­hui­sen sê adv. G­lyn­nis B­rey­ten­bach, DA-LP en voor­ma­li­ge staats­aan­kla­er, was “ge­luk­kig” teen­woor­dig toe die po­li­sie­be­amp­tes hom be­soek het.

“Ek het hul­le in­ge­lig dat hul­le toe­stem­ming van M­be­te moet kry om my as LP op die par­le­men­tê­re per­seel te kan on­der­vra.

“Hul­le het ge­sê hul­le het nie, maar dat hul­le heel­pad van P­re­to­ria af ge­ry het om ’n waar­sku­wings­ver­kla­ring by my af te neem.”

Vol­gens Steen­hui­sen is dit dui­de­lik in­ti­mi­da­sie­tak­tiek “om­dat hul­le on­wet­tig op die par­le­men­tê­re per­seel was”.

“Dit was dui­de­lik ’n sken­ding van die dok­tri­ne oor die skei­ding van mag­te.

“Dit is ook ’n bla­tan­te ver­mor­sing van po­li­sie­hulp­bron­ne ter­wyl vroue en kin­ders in die land so wreed ver­moor word. Dit is eint­lik pa­te­ties.”

Steen­hui­sen sê die po­li­sie kon die tyd eer­der ge­bruik het om wa­re mis­da­di­gers vas te trek.

“Mahlo­bo moet groot­word. Hy is die­self­de mi­nis­ter wat staats­hulp­bron­ne wil ge­bruik om my aan te kla, maar wat men­se soos Lin­di­we Ma­zi­bu­ko (ge­we­se par­le­men­tê­re lei­er van die DA) en T­hu­li Ma­don­se­la (voor­ma­li­ge o­pen­ba­re be­sker­mer) en an­der vroe­ër daar­van be­skul­dig het dat hul­le CIA-a­gen­te is.

“As hy die po­li­tiek nie kan han­teer nie, moet hy dit los. Dit is nie vir sis­sies nie.”

Kol. Lun­ge­lo Dla­mi­ni, Gau­teng­se po­li­sie­woord­voer­der, het nie teen druk­tyd op te­le­fo­nie­se en e-pos-ver­soe­ke om kom­men­taar ge­re­a­geer nie.

Foto: NASIEF MANIE

John Steen­hui­sen

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.