Nog ’n ANC­hoë vra dat JZ be­dank

Beeld - - Nuus - P­hil­da Es­sop

P­res. Ja­cob Zu­ma be­hoort as ANC­lei­er en as staats­hoof te be­dank om hom­self, die ANC, die e­ko­no­mie en Suid-A­fri­ka te red.

So het Mlun­gi­si (Lu­lu) John­son, ANC-LP en voor­sit­ter van die par­le­men­tê­re por­te­feul­je­ko­mi­tee oor wa­ter en sa­ni­ta­sie, Vry­dag in Port E­li­za­beth by die stu­den­te­or­ga­ni­sa­sie Co­sas se 38ste her­den­king ge­sê.

John­son, ’n voor­ma­li­ge voor­sit­ter van die ANC-jeug­li­ga, het gis­ter by na­vraag ge­sê: “Ek het dit ge­sê so­dat die pre­si­dent, die ANC, die e­ko­no­mie en die land ge­red kan word.”

Ver­skeie ANC-ve­te­ra­ne, op­po­si­sie­par­tye en ge­wo­ne Suid-A­fri­ka­ners het ook vroe­ër ge­vra dat Zu­ma be­dank.

Dr. Mat­ho­le Mots­hek­ga, voor­sit­ter van die par­le­men­tê­re por­te­feul­je­ko­mi­tee oor jus­ti­sie, het vroe­ër ge­vra dat ’n bui­ten­ge­wo­ne ver­ga­de­ring van die ANC se na­si­o­na­le uit­voe­ren­de ko­mi­tee (NUK) ge­hou word so­dat die be­roe­pe op Zu­ma om uit te tree, be­spreek kan word.

John­son wys daar­op dat so ’n be­roep al so­wat twee maan­de ge­le­de ge­doen is. Hy het die kwes­sie teen­oor se­ke­re le­de van die ANC se top­ses ge­op­per, maar hul­le het hom mee­ge­deel dat dit ’n kwes­sie vir be­spre­king in die “re­le­van­te struk­tu­re” van die par­ty is.

“Die ANC se NUK ver­ga­der die ko­men­de na­week. Hoe won­der­lik en wat­ter ver­lig­ting sal dit nie wees nie as die pre­si­dent uit­tree om hom­self, die ANC, die e­ko­no­mie en die land te red? Dit sal ’n lief­li­ke ge­skenk vir die na­week wees,” sê John­son.

Se­dert sy uit­spra­ke het hy tal­le bood­skap­pe van on­der­steu­ning ont­vang, maar daar was ook die­ge­ne wat van hom ver­skil het.

Hy kom al hoe meer ANC-on­der­steu­ners teë wat be­kom­merd is oor die ANC.

“As Zu­ma uit­tree, sal dit ’n po­si­tie­we bood­skap uit­stuur dat hy ui­t­ein­de­lik luis­ter en dat die ANC ge­red sal word en sy s­teun weer kan op­bou.”

John­son er­ken dat die ANC en die re­ge­ring die laas­te ruk nie goed ge­vaar het nie. “Hul­le het wel niks ge­doen om ne­ga­tie­we bood­skap­pe af te weer nie. Ons het mis­luk om die ANC en die re­ge­ring te ver­de­dig, met die ge­volg dat din­ge in die kop­pe van men­se in­ge­sink het.”

Ge­vra hoe hy be­plan om oor die ko­men­de mo­sie van wan­troue in Zu­ma te stem, sê John­son dit is nie no­dig dat sa­ke dié punt be­reik nie. “Die een­vou­di­ge ding wat moet ge­beur, is dat Zu­ma as pre­si­dent uit­tree.”

Foto: LUVUYO MEHLWANA

Lu­lu John­son

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.