SAKP wil in­gryp oor on­der­soek na staat­skaping

Beeld - - Nuus - – L­le­wel­lyn P­rin­ce

Die SAKP oor­weeg dit om self ’n on­af­hank­li­ke reg­ter­li­ke kom­mis­sie van on­der­soek aan te stel om staat­skaping in Suid­A­fri­ka – wat E­s­kom in­sluit – te laat on­der­soek.

Dit volg na­dat adv. T­hu­li Ma­don­se­la, voor­ma­li­ge o­pen­ba­re be­sker­mer, in haar voor­lo­pi­ge ver­slag oor staat­skaping, “S­ta­te of Cap­tu­re”, aan­be­veel het dat p­res. Ja­cob Zu­ma ’n reg­ter­li­ke kom­mis­sie van on­der­soek moet aan­wys om die be­we­rings van staat­skaping ver­der te on­der­soek.

Ma­don­se­la het in die ver­slag ver­doe­men­de be­vin­dings ge­maak oor die be­weer­de ver­hou­ding tus­sen Zu­ma, die Gup­ta­fa­mi­lie, se­ke­re mi­nis­ters, so­wel as staat­sen­ti­tei­te soos E­s­kom.

Zu­ma be­twis Ma­don­se­la se aan­be­ve­lings in die hof.

Bro­wn self het al ver­skeie ke­re ge­sê sy sal só ’n kom­mis­sie van on­der­soek ver­wel­kom.

Adj.p­res. Cy­ril Ramaphosa het eer­gis­ter in Noord­wes ook sy uit­la­tings her­haal dat ’n kom­mis­sie van on­der­soek aan­ge­stel moet word.

A­lex Mashi­lo, SAKP­woord­voer­der, het gis­ter ge­sê die SAKP het reeds lank voor Ma­don­se­la se ver­slag ver­soek dat ’n kom­mis­sie van on­der­soek on­mid­del­lik aan­ge­stel word.

“Ons oor­weeg dit nou om dit self te doen.

Die feit is dat (Zu­ma) bot­sen­de be­lan­ge met be­trek­king tot die be­we­rin­ge van staat­skaping het om­dat hy self daar­in ge­ïm­pli­seer word.

“Ons voel eg­ter daar moet ’n grond­wet­li­ke me­ga­nis­me wees wat Suid­A­fri­ka moet lei oor wat om te doen as die pre­si­dent bot­sen­de be­lan­ge het.

“Die ad­junk­pre­si­dent móét in staat wees om so ’n kom­mis­sie van on­der­soek te kan laat aan­stel om­dat daar geen amp in die land is waar bot­sen­de be­lan­ge nie ge­re­gu­leer word nie,” sê Mashi­lo.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.