Zu­ma se ap­pèlaan­soek eers­daags aan­ge­hoor

Beeld - - Nuus - – Je­an­ne­Ma­rié Ver­sluis

P­res. Ja­cob Zu­ma se aan­soek om te mag ap­pel­leer teen die on­lang­se hof­be­vel dat hy die re­des vir sy be­slui­te oor sy ka­bi­net­s­kom­me­ling aan die DA moet ver­skaf, word Maan­dag aan­ge­hoor.

Die DA wil die re­des en re­kord van Zu­ma se be­sluit ge­bruik in sy her­sie­nings­aan­soek om die af­dan­king van Pra­vin Gord­han as mi­nis­ter van fi­nan­sies en M­ce­bi­si Jo­nas as sy ad­junk deur die hof ter­sy­de te laat stel.

Reg­ter Bashier Val­ly het vroe­ër van­dees­maand in die hoog­ge­regs­hof in P­re­to­ria be­veel dat Zu­ma binne vyf week­dae on­der meer die re­kord, kor­re­spon­den­sie en ver­slae oor sy be­sluit van 31 Maart om Gord­han en Jo­nas in die pad te steek, aan die DA se pro­ku­reurs ver­skaf.

Dit sluit in al­le do­ku­men­te en e­lek­tro­nie­se re­kords wat ver­band hou met die be­slui­te, on­der meer kor­re­spon­den­sie, kon­trak­te, me­mo­ran­da, aan­be­ve­lings, e­va­lu­e­rings en ver­slae.

Val­ly het Zu­ma ook toe be­veel om die re­des vir die af­dan­kings aan die DA se pro­ku­reurs te ver­skaf en ’n kos­te­be­vel aan Zu­ma op­ge­lê.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.