‘Mi­nis­ter moet sê oor ge­steel­de po­li­sie­wa­pens’

Beeld - - Nuus - – Je­an­ne­Ma­rié Ver­sluis

Na aan­lei­ding van me­di­a­be­rig­te dat po­li­sie­vuur­wa­pens in mis­da­di­gers se han­de be­land, is daar ’n plig op die mi­nis­ter van po­li­sie om die in­lig­ting te ver­skaf oor wa­pens wat die po­li­sie ver­loor of wat by hul­le ge­steel is.

Só voer die bur­ger­reg­te­or­ga­ni­sa­sie A­friForum aan in een van twee hof­aan­soe­ke wat hy krag­tens die Wet op die Be­vor­de­ring van Toe­gang tot In­lig­ting (Paia) in­ge­dien het.

Die ge­ding word mô­re in die hoog­ge­regs­hof in P­re­to­ria aan­ge­hoor om­dat die staats­pro­ku­reur nie gis­ter ge­reed was nie.

In die eer­ste aan­soek vra A­friForum die hof om die po­li­sie te dwing om be­kend te maak hoe­veel staats­ge­re­gis­treer­de vuur­wa­pens tus­sen 2009 en 2014 deur die po­li­sie ver­loor of by hul­le ge­steel is.

Met die twee­de aan­soek wil A­friForum die laas­te in­ter­ne ou­dit­ver­slag oor op­lei­ding in die po­li­sie­diens be­skik­baar ge­stel hê.

Dié in­lig­ting sal vol­gens A­friForum se me­di­a­ver­kla­ring oor die hof­ge­ding “on­der meer aan­dui hoe­veel o­pe­ra­si­o­ne­le po­li­sie­be­amp­tes in­der­daad be­voeg is om vuur­wa­pens te dra”.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.