Praat­po­ë­sie haar mis­sie

Dis wat rap­mu­siek eint­lik is, sê skry­wer

Beeld - - Nuus - Seug­net van Zyl

Vir die eer­ste keer in meer as 40 jaar het Ma­ri­ta van der Vyver weer ge­dig. Eint­lik rap sy in haar jong­ste jeug­ro­man.

Haar seuns, Da­niel en Hugo, wat nou 25 jaar oud is, is die inspirasie vir Al wat ek weet, het sy gis­ter aan leer­lin­ge van die Ho­ër­skool Gars­fon­tein in P­re­to­ria ge­sê.

Toe hul­le 13 jaar oud was, het hul­le op­hou lees en net gangsta­rap ge­luis­ter.

Be­dags, ter­wyl hul­le op skool was, het sy skelm op YouTu­be na mu­siek­vi­deo’s ge­kyk om meer daar­oor uit te vind.

Toe be­sef sy neem ’n mens die “boom, boom” en vloek­woor­de weg, is die musiek eint­lik praat­po­ë­sie.

As kind het sy ook nie van A­fri­kaan­se gedigte ge­hou nie – tot­dat sy An­tjie Krog ont­dek het.

“Wow, A­fri­kaan­se gedigte hoef nie net te gaan oor ou­men­se wat dood­gaan op pla­se nie,” het sy des­tyds ge­dink.

Sy het toe self be­gin gedigte skryf. Tot haar ver­stom­ming het sy ’n beurs ge­wen. Toe het sy aan die U­ni­ver­si­teit S­tel­len­bosch gaan stu­deer waar sy aan werk­ses­sies in D.J. Op­per­man se la­bo­ra­to­ri­um deel­ge­neem het.

“Ek het vier jaar in D.J. Op­per­man se (let­ter­kun­di­ge) la­bo­ra­to­ri­um met drie ver­sies los­ge- skryf. Dit was die laas­te keer dat ek ge­dig het. Dis am­per of ek te veel respek vir dig­ters het.”

Met Al wat ek weet het sy te­rug­ge­gaan na die tie­ner wat sy self was. “Diep in my hart bly ek maar al­tyd 16 jaar oud.”

Sy het de­le uit die tie­ner­boek, wat han­del oor Ga­briel (15), wie se e­nig­ste wa­pen ’n rug­sak vol woor­de is, aan die leer­lin­ge voor­ge­lees.

Ga­briel ge­bruik praat­po­ë­sie om deur sy ma se dood te werk.

Pleks daar­van dat hy ou A­fri- kaan­se uit­druk­kings soos “jy is so slim soos die hout­jie van die galg” ge­bruik, het Van der Vyver met ver­skeie nuut­skep­pings vir dié ka­rak­ter vo­ren­dag ge­kom.

“Hy sal eer­der iets sê soos jy is so slim soos die pre­si­dent se spin doc­tor.”

Sy wil op haar Suid-A­fri­kaan­se toer die kul­tuur van praat­po­ë­sie by s­kool­kin­ders kweek.

Sy sê 20 jaar lank het sy al­tyd ’n tie­ner in die huis ge­had en dit het haar ge­help met die skryf van die jeug­boe­ke.

Haar dog­ter, Mia (17), skryf van­jaar ma­triek.

“As sy eers uit die huis is, weet ek nie of ek nog jeug­boe­ke sal skryf nie, want jy het daai kon­tak no­dig in die huis, om te praat en te hoor hoe hul­le praat en te hoor wat die is­su­es is. Dit was al­tyd iets wat ek op ’n ma­nier op hul­le kon toets.”

Van der Vyver sal van­dees­week nog by ver­skeie sko­le in P­re­to­ria en Jo­han­nes­burg ’n draai maak voor­dat sy Sa­ter­dag te­rug­vlieg Frank­ryk toe.

Dan be­gin sy werk aan ’n En­gel­se draai­boek vir ’n nu­we fliek waar­van De­on Mey­er die ver­vaar­di­ger is.

“Ek skryf uit die vuis. Dis nie op een van my boe­ke ge­grond nie.”

Foto: DEAAN VIVIER

Ma­ri­ta van der Vyver gis­ter aan die woord.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.