Groot­se red­ding ná 3 dro­ë­bek­dae op kerk se dak

Beeld - - Nuus - Ren­eil­we Dhludhlu

’n Ee­n­oog-blou­aap wat drie dae lank op ’n kerk se dak vas­ge­keer was, is Son­dag­aand ein­de­lik in ’n red­dings­po­ging wat so­wat 12 uur ge­duur het na vei­lig­heid ge­bring.

Die blou­aap het Vry­dag­og­gend op die dak van die Sea Par­kRooms-Ka­to­lie­ke kerk in Port S­heps­to­ne aan die K­waZu­lu-Na­tal­se suid­kus ge­klim.

S­te­ve S­mit van Mon­key Hel­pli­ne sê die skoon­ma­ker by die kerk het ge­sien hoe die aap met die geut langs op die dak klou- ter en ver­be­te aan die kruis klou.

Die kerk­dak het skerp hoe­ke en die po­li­sie kon daar­om nie daar op­klim nie.

Teen Sa­ter­dag­og­gend was die aap, wat tus­sen 12 en 15 jaar oud is, nog op die dak.

Mon­key Hel­pli­ne se hulp is toe in­ge­roep.

Teen daar­die tyd was die blou­aap, wat ’n lid van die red­ding­span la­ter Zoog­oer ge­doop het, al swak om­dat hy niks ge­had het om te drink of eet nie, sê S­mit.

“Hy het aan die kruis op die dak vas­ge­klou. Ons wou hom help, maar het nie die toe­rus­ting daar­voor ge­had nie.”

Die red­dings­po­ging is toe ty­de­lik ge­staak.

Toe S­mit Son­dag­og­gend hoor die aap is steeds op die dak, het hy Ca­rol Booth en haar dog­ter, Jes­si­ca, saam­ge­vat om te gaan help.

Hul­le het bui­te die kerk ge­wag en ge­hoop die aap val so­dat hul­le hom kon vang.

“Ons het ure lank daar ge­staan met ’n la­ken wat ons vas­ge­hou het in die hoop dat hy daar­in sou val.” Die hoop het eg­ter be­skaam. A­man­da de Vil­liers, ’n om­stan­der, was be­kom­merd oor die blou­aap se wel­stand en het toe die po­li­sie se soek-en-red­dings­een­heid, am­bu­lan­se en die me­tro­brand­diens­te se hulp ge­vra.

Toue is tus­sen die brand­weer­wa en die kerk ge­span en S­mit en ’n an­der vrou het daar­mee na die dak ge­klim en die aap na vei­lig­heid ge­bring.

Hy sê Zoog­oer was erg ont­wa­ter om­dat hy drie dae lank geen kos of wa­ter ge­had het nie. Die red­dings­po­ging het tot 21:30 ge­duur.

Tóé eers kon hul­le sien die aap het net een oog, wat boon­op er­ge in­fek­sie ge­had het.

S­mit sê hy het reeds be­han­de­ling ge­kry en daar is ’n kans dat hy vol­le sig in daar­die oog sal her­win.

“Dit was ’n e­mo­si­o­ne­le er­va­ring vir al­mal. Dit was on­ge­loof­lik,” sê S­mit.

Hy sê Zoog­oer sal nou in hul re­ser­vaat ’n heen­ko­me vind.

Die po­ging om ’n blou­aap te red wat drie dae lank op ’n kerk se dak ge­sit het, het so­wat 12 uur ge­duur.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.