Drie klim­mers sterf op berg

Beeld - - Nuus - – Reu­ters

Drie berg­klim­mers het eer­gis­ter ge­sterf op E­ve­rest, wat vol­gens ken­ners van­jaar be­son­der gevaarlik is weens sterk win­de en gu­re weer.

Fran­ces­co En­ri­co Mar­chet­ti (54) van Aus­tra­lië is aan die Ti­bet­taan­se kant van die berg dood, ver­moe­de­lik aan hoog­te­siek­te.

Vla­di­mir S­tr­ba (48) van Slo­wa­kye is op die Bal­kon in die sui­de van Ne­pal op ’n hoog­te van so­wat 8 300 m dood. Dié hoog­te is be­rug as die “sterf­so­ne”.

“Hy het siek ge­word en ge­sterf ter­wyl hy na ’n la­er kamp ge­bring is,” het Na­vin T­ri­tal van die maat­skap­py Ex­pe­di­ti­on Hi­ma­la­ya gis­ter ge­sê.

Ook die me­die­se dok­ter Ro­land Ye­ar­wood (50) van Ala­ba­ma in die VSA is dood.

Ses klim­mers het nou al in die hui­di­ge klim­sei­soen, wat so­wat ’n maand ge­le­de be­gin het, om­ge­kom.

Vroe­ër is die lyk van ’n In­die­se klim­mer op ’n berg­hang ge­sien. Hy het so­wat 200 m ver ge­val.

Op 30 A­pril het die S­wit­ser­se klim­mer Uli S­teck hom dood­ge­val ter­wyl hy be­sig was om voor te be­rei op sy aan­slag op die berg­piek van 8 850 m.

Die ses­de slag­of­fer was ’n 85­ja­ri­ge man van Ne­pal wat in die ba­sis­kamp ge­sterf het ter­wyl hy be­sig was om voor te be­rei op ’n re­kord­po­ging om die oud­ste klim­mer tot nog toe te word wat die berg baas­raak.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.