‘Hul­le kryt ons uit vir ver­raai­ers’

Po­li­sie­le­de dreig ge­tuie vir staat glo

Beeld - - Nuus - A­let van der Walt

“Dis nie mak­lik om hier te staan nie, die men­se kryt ons uit vir ver­raai­ers en rug­ste­kers.”

So het Fa­nie Oost­hui­zen, ’n staats­ge­tuie in die moordverhoor in Pa­rys, gis­ter ge­sê.

Boe­ta van der West­hui­zen (47), sy seun, Loe­die (19), en skoon­seun, Mie­la Jan­sen van Vuuren (23), An­ton Log­gen­berg (50) en sy seun, Cor (20) en kapt. Henk Prins­loo (47) word van die moord op die plaas­wer­kers Si­mon Ju­be­ba (37) en Sa­mu­el T­jixa (28) aan­ge­kla.

Oost­hui­zen was ook vroe­ër ’n be­skul­dig­de, maar getuig nou vir die staat.

Hy het gis­ter op ver­soek van adv. Hans de Bruin SC, vir die ver­de­di­ging, voor­ge­lees uit ’n ver­kla­ring wat in Maart ver­le­de jaar in sy borg­to­gaan­soek by die hof in­ge­dien is.

Daar­vol­gens het le­de van die Val­ke se on­der­soek­span Oost­hui­zen ge­dreig dat as hy nie saam­werk nie, sy seun, Da­nie, en broer, Jo­han, ook toe­ge­sluit sou word.

Hy het ge­pleit dat hul­le sy seun en broer uit­los.

Oost­hui­zen sê in die ver­kla­ring ene kol. Top­kin en kapt. Fran­cois Laux was vrien­de­lik met hom tot­dat sy pro­ku­reur, Jan El­lis, weg is.

Hul­le het toe ag­gres­sief op­ge­tree, het Oost­hui­zen ge­sê.

Vol­gens sy ver­kla­ring het die Val­ke vir hom ge­sê hy moet voor die borg­to­gaan­soek met die waar­heid vo­ren­dag kom. Hul­le het reeds van die land­dros ont­slae ge­raak en sal sy borg­tog teen­staan, lui sy ver­kla­ring.

Daar is ook ge­sê hul­le het net vier goed teen hom no­dig, dan sal hy tronk toe gaan weens die moor­de. Maar al­les sou kon ver­dwyn as hy ’n staats­ge­tuie word, het Oost­hui­zen getuig.

Top­kin het lui­dens Oost­hui­zen se ver­kla­ring ge­sê hy sal hom (Oost­hui­zen) am­nes­tie gee en hom in ’n ge­tui­e­be­sker­mings­pro­gram laat op­neem.

Oost­hui­zen het Vry­dag getuig Cor het een van die twee mans baie hard met ’n kie­rie ge­slaan, Loe­die het een her­haal­de­lik ge­skop en Boe­ta het een met ’n re­wol­wer teen die kop ge­slaan.

Die re­wol­wer het uit­me­kaar­ge­spat.

De Bruin het Oost­hui­zen ge­vra of hy weet daar is ná die aan­ran­dings op T­jixa en Ju­be­ba ge­sê hy wat Oost­hui­zen is, ba­klei soos die A­me­ri­kaan­se stoei­er John Ce­na.

Oost­hui­zen het ge­sê dis net ie­mand wat wil groot­praat.

Hy het Vry­dag getuig sy e­nig­ste aan­deel aan die aan­ran­dings was dat hy die een man se arm ag­ter sy rug op­ge­druk het.

Boe­ta se pa, Loe­die van der West­hui­zen sr., be­weer T­jixa en Ju­be­ba wou hom aan­val en vol­gens Oost­hui­zen wou hy vas­stel waar hul re­wol­wer is.

Hy het ook die an­der mans op die to­neel aan­ge­sê om op te hou om Ju­be­ba en T­jixa aan te rand.

Oost­hui­zen het getuig hy het la­ter vry­wil­lig ’n ver­kla­ring af­ge­lê na­dat adv. Bar­ry Roux SC met die Val­ke on­der­han­del het om­dat hy en nog mans staats­ge­tui­es wou word.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.