Drie be­seer in ont­plof­fing by Sa­sol­aan­leg

Beeld - - Nuus - Su­san Cil­liers

Sa­sol on­der­soek die oor­saak van ’n ont­plof­fing gis­ter­og­gend by sy Na­tref-aan­leg in Sa­sol­burg waar­in drie men­se lig be­seer is.

A­lex An­der­son, Sa­sol-woord­voer­der, sê die ont­plof­fing het om­streeks 07:45 na­by wa­ter­stof­kom­pres­sors in die aan­leg ge­beur. Be­ne­wens die be­seer­des, is agt men­se op die to­neel vir s­kok be­han­del en drie vir stof­i­na­se­ming.

Vol­gens An­der­son het Na­tref se eie nood­diens­te vin­nig ge- re­a­geer en al­le per­so­neel ver­wy­der wat na­by die ont­plof­fing ge­werk het. Die brand wat weens die ont­plof­fing ont­staan het, is binne ’n uur ge­blus.

Rus­sel Mei­ring, ER24-woord- voer­der, sê per­so­neel het reeds die om­ge­wing van die ont­plof­fing ver­laat toe hul­le so­wat ’n kwar­tier ná die ont­plof­fing op die to­neel was. “Die be­seer­des is na die naas­te me­die­se sen­trum vir be­han­de­ling ge­bring.”

In­tus­sen is al­le be­dryf­s­een­he­de na­by die kom­pres­sors af­ge­ska­kel. “Ons on­der­soek ook die in­vloed wat die ont­plof­fing op pro­duk­sie het,” sê An­der­son. “Ons be­skou die voor­val in ’n baie erns­ti­ge lig. Ons werk­ne­mers, diens­ver­skaf­fers en ge­meen­skap­pe se vei­lig­heid en wel­syn ge­niet voor­keur.”

Foto: S­CHALK LE ROUX, VAALWEEKBLAD

Rook by Sa­sol se Na­tref­aan­leg in Sa­sol­burg ná die ont­plof­fing gis­ter­og­gend.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.