Twee mans ag­ter tra­lies ná moord op wild­jag­ter (89) van Lim­po­po

Beeld - - Nuus - – Ma­rie­tie Louw­Car­stens

Twee mans wat glo by die moord op ’n wild­jag­ter van Lim­po­po in Ok­to­ber ver­le­de jaar be­trok­ke was, is ag­ter tra­lies.

Hul­le ver­skyn la­ter van­dees­week in die land­dros­hof in Lep­ha­la­le (El­lis­ras) op aan­klag van moord.

Poem Lam­precht (89) en sy vrou, Ko­tie (76), is op sy wild­plaas, Fan­cy, bui­te Lep­ha­la­le oor­val.

Sy han­de is met die koord van ’n bed­lam­pie aan dief­we­ring vas­ge­bind en hy is et­li­ke ke­re ge­skop en ge­slaan. Die mans het met ’n on­be­ken­de be­drag geld en ’n hand­wa­pen ge­vlug.

Sak­kie Lou­w­rens van die He­ri­ta­ge Pro­tecti­on Group (HPG), ’n mis­daad­be­stry­dings­or­ga­ni­sa­sie wat deur oud­po­li­sie­le­de ge­stig is, sê daar is op dag­ga en ny­a­o­pe by die mans be­slag ge­lê.

HPG en speur­ders van die po­li­sie in Lep­ha­la­le het saam­ge­werk om die mans in heg­te­nis te neem.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.