11 jaar ge­le­de ook ver­kla

Dit dien as ka­rak­ter­ge­tui­e­nis in saak teen haar

Beeld - - Nuus - Je­a­nel­le G­rey­ling

Die ei­en­doms­a­gent Vicki Mom­berg, wat op vier aan­klag­te van cri­men in­ju­ria te­reg­staan, het so­wat 11 jaar ge­le­de op die­self­de aan­klag in Dur­ban ver­skyn.

Mom­berg, van Dur­ban, word in die streek­hof in Rand­burg daar­van aan­ge­kla dat sy op 3 Fe­bru­a­rie 2016 ’n po­li­sie­be­amp­te en min­stens vier te­le­foon­o­pe­ra­teurs by die Gau­teng­se 10111-nood­hulp­lyn be­le­dig het.

Yu­suf Ba­ba, staats­aan­kla­er, het gis­ter ge­sê ’n Dur­ban­se po­li­sie­lid het in 2006 ook ’n saak van cri­men in­ju­ria teen Mom­berg aan­han­gig ge­maak.

Sy het glo des­tyds by ’n po­li­sie­kan­toor in­ge­stap en ge­sê sy wil deur “’n wit mens, ’n bruin mens of ’n In­di­ër” ge­help word, maar nie deur ’n swart mens nie.

In ’n vi­deo wat ver­le­de jaar ge­neem is, sê Mom­berg ook: “Ek is bly as ’n wit mens my help, of ’n bruin mens of ’n In­di­ër. Ek wil nie hê ’n swart mens moet my help nie.”

In dié vi­deo noem sy die po­li­sie­le­de “k*****s” en kla oor die “ka­li­ber van swart men­se” in Jo­han­nes­burg.

“Hul­le is ei­e­sin­nig, hul­le is ar­ro­gant en hul­le is dood­een­vou­dig nut­te­loos.”

Hoe­wel die aan­klag in Dur­ban te­rug­ge­trek is, het Ba­ba gis­ter ge­sê dit dien as ka­rak­ter­ge­tui­e­nis.

Mom­berg ont­ken skuld op die vier aan­klag­te in die streek­hof in Rand­burg en voer nie­pa­to­lo­gie­se on­toe­re­ken­baar­heid as ver­weer aan.

Sy hou vol die aan­mer­kings was nie spe­si­fiek op die ge­tui­es ge­mik nie.

Sy het gis­ter er­ken sy het ver­le­de jaar ras­sis­tie­se aan­mer­kings teen­oor die po­li­sie­be­amp­tes ge­maak, maar sy “kan nie ont­hou” wat sy ge­sê het nie.

Sy het eers van die aan­mer­kings be­wus ge­word toe die sta­sie­be­stuur­der van die Doug­las­da­le-po­li­sie­kan­toor haar in A­pril ver­le­de jaar in­ge­lig het oor die saak wat konst. David Mk­hon­do van dié kan­toor teen haar aan­han­gig ge­maak het.

Mk­hon­do het in Maart getuig hy het ge­vra dat sy kol­le­ga ’n vi­deo neem van Mom­berg wat hom toe­snou.

Mom­berg het ge­sê: “Ek het die vi­deo ge­sien en ek keur dit nie goed nie. Ek wens dit nie­mand toe nie.”

Sy het ge­sê sy wou die po­li­sie­kan­toor be­soek om Mk­hon­do om ver­sko­ning te vra, maar die sta­sie­be­vel­voer­der het ge­sê Mk­hon­do wil niks daar­van weet nie.

Sy het Mk­hon­do op 30 Ja­nu­a­rie ui­t­ein­de­lik in ’n ge­skre­we brief om ver­sko­ning ge­vra.

Die ver­hoor word Don­der­dag her­vat. ) Mom­berg word ook in die ge­lyk­heids­hof in Rand­burg ver­hoor. Die Suid-A­fri­kaan­se Men­se­reg­te­kom­mis­sie het ver­soek dat sy ’n boe­te van R150 000 be­taal.

Foto: FELIX DLANGAMANDLA

Vicki Mom­berg

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.