Huis aan ou­ers ge­skenk na­dat hul kind by Co­li­gny sterf

Beeld - - Nuus - – Ü­gen Vos

Die ou­ers van die 16-ja­ri­ge seun wie se dood glo die ras­se­her­rie in Co­li­gny, Noord­wes, ont­ke­ten het, gaan ’n nu­we huis kry.

Lin­di­we Si­su­lu, mi­nis­ter van huis­ves­ting, het gis­ter aan­ge­kon­dig dat haar de­par­te­ment Vry­dag ’n aan­bod van die or­ga­ni­sa­sie Gift of the Gi­vers aan­vaar het om vir Mat­l­ho­mo­la Jo­nas Mos­weu se ou­ers ’n nu­we huis te bou.

Si­su­lu het in haar be­gro­tings­re­de op 18 Mei on­der­neem om ’n span de­par­te­men­te­le amp­te­na­re op­drag te gee om vir hul­le ’n huis te bou.

Die or­ga­ni­sa­sie het vol­gens haar aan­ge­bied om vir drie ver­dien­ste­li­ke ge­sin­ne hui­se te bou.

“Ek ver­wel­kom na­mens die ge­sin Gift of the Gi­vers se on­der­ne­ming om vir hul­le ’n huis te bou en nooi an­der be­lang­heb­ben­des om aan hier­die pro­jek deel te neem, aan­ge­sien dit daar­op ge­mik is om die ras­sis­me en ge­weld in Co­li­gny te ont­lont,” sê Si­su­lu.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.