Om­gee­dok­ter soos goud in die mond

Beeld - - Kommentaar - Pe­tro Han­sen

‘Ek wag vir jul­le, bring gou die kind.” Dis dok­ter Hen­ry Kel­brick oor die foon nou die mid­dag toe my El­sa-kind haar knie in ’n net­bal­wed­stryd be­seer het. Hy was be­sig met die laas­te pa­si­ënt van die dag, en sy stem kom soos daar­die dok­ters van die ou tyd wat nog met ’n swart dok­ter­stas­sie vol me­di­sy­ne laat in die nag met die plaas se twee­spoor­paad­jie vir huis­be­soek aan­ge­ry ge­kom het.

Hier­die dok­ter wat eens op ’n tyd die Blou Bul­le se span­dok­ter was, wie se han­de ve­le be­ken­des se seer spie­re ge­nees het. “Dankie vir al­les, dok­ter Kel­lies,” staan op ’n ge­raam­de foto wat C­har­li­ze T­heron vir hom ge­te­ken het. Hier­die dok­ter se tyd is vir al­mal be­sko­re.

’n Mens kry nog sul­ke huis­be­soek­dok­ters in van­dag se tyd. Dok­ters wat hul­self nie te hoog ag nie. Dok­ters wat ge­re­spek­teer word, nie net op grond van hul sta­tus in die sa­me­le­wing nie, maar om­dat hul­le dok­ters is wat ont­hou dat jy nie net ’n nom­mer op lê­er is nie. Dok­ters wat vrien­de van die fa­mi­lie word. In die ou tyd het die dok­ter wat huis­be­soek ge­doen het soms oor­ge­bly vir ’n maal.

Soos dok­ter Da­nie de Vil­liers des­tyds toe my kin­ders ba­bas was. Hy het die moei­te ge­doen om p­re­sies aan ’n on­kun­di­ge ma te ver­dui­de­lik hoe­kom haar skreeu­en­de kind se man­gels haar so siek maak:

“Die man­gels is voort­du­rend be­sig om teen­lig­gaam­pies te ver­vaar­dig om ska­de­li­ke vi­rus­se of bak­te­rieë te be­veg wat die lig­gaam bin­ne­kom, maar kan in die pro­ses self ge­ïn­fek­teer word deur ’n strep­to­kok­kus-bak­te­rie of soms deur ’n vi­rus . . .” Ek kan dit van­dag nog ont­hou.

“Toe­maar, hul­le gaan groot­word en min­der siek raak,” het hy ge­paai. Hy was reg. En twee dae la­ter het hy ge­bel: “En toe, hoe gaan dit met die siek kind?”

Vroe­ër, toe daar nog nie am­bu­lans­diens­te was nie, was daar dok­ters, soos dok­ter Ja­mes Pet­ser, wat in die mid­del van die nag deur boe­re ge­bel kon word as hul wer­kers se vroue in kraam ge­gaan het wat te moei­lik was vir die vroed­vroue om te han­teer. Dan het die dok­ter 20 km of meer ge­ry om op sy knieë in die be­skeie hui­sie ’n kom­buis­hulp se twee­ling die wê­reld in te help. In daar­die dok­ter se spreek­ka­mer het daar ja­re daar­na ’n blom­pot­jie op die rak ge­staan, ’n dank­baar­heids­ge­skenk wat daar­die ma met haar ka­ri­ge geld­jies ge­koop het.

Is daar nog sul­ke dok­ters? Wat van die groot­pad af­draai op ’n plaas­pad na die op­stal om ’n sie­ke in die na­nag te be­soek? Daar is. Ons het nog vir dok­ter AB, wat sy sel­foon­nom­mer vir jou gee wan­neer jy met va­kan­sie gaan en jou vra om hom te bel as jy iets no­dig het.

Daar is dok­ter Ter­ti­us van Rooy­en, ’n chi­rurg van Mos­sel­baai wat be­kend is daar­voor dat hy twee keer per dag die fa­mi­lie van sy pa­si­ën­te bel en te­rug­voe­ring gee. Ons ken ook vir dok­ter Grobler, wat jou by sy be­si­ge pro­gram in­druk as ’n nood op­duik. En ons weet: ’n Om­gee-dok­ter in van­dag se tye bring, soos die og­gend­stond, steeds goud in die mond.

Dok­ters wat hul­self nie te hoog ag nie, wat ge­re­spek­teer word. Wat vrien­de van die fa­mi­lie word.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.