S­pur­boi­kot: Gun ons an­der niks?

Beeld - - Kommentaar -

Jaco En­gel­brecht, Jo­han­nes­burg

Om S­pur te boi­kot oor ’n in­si­dent waar­in nie­mand vrees­lik eer­baar op­ge­tree het nie en om ’n punt te pro­beer maak oor jou plek in die son is vir my vrees­lik kin­der­ag­tig.

Ge­na­de, as jy sterk voel oor ’n saak, sit die TV af en gaan uit in die stra­te en vind uit waar jy kan help – waar jy vir die res van die be­vol­king van hier­die land, wat vrek bang is vir jou om­dat hul­le ver­tel word jy gaan al­les van hul­le weg­vat, kan wys dat jy maar ook net pro­beer oor­leef. Dat jy die plek in die son wat jy eis ook vir an­der gun en dat jy die God wat jy aan­bid erns­tig op­vat as hy sê hy is liefde. Wat van ons gaan S­pur toe en kry weg­neem­kos en vaar dan in die plak­kers­kam­pe in en gaan deel dit uit vir daai men­se wat nie weet wat ’n rack of ribs is nie. Wat nie weet wat ’n tand­arts of ’n pap­smeer of ’n bank­re­ke­ning is nie. Hoe­kom ein­dig ons mens­lik­heid by die tuin­hek­kie? Van wan­neer af is jy be­kom­merd as jy hoor van ’n bus­ramp en dan be­ter voel as jy hoor al die slag­of­fers was an­der men­se – nie van my men­se nie? Wan­neer het hier­die volk so self­ge­sen­treerd ge­raak? Wan­neer het ons die em­pi­rie­se stu­die ge­doen wat be­paal dat swart men­se nie so lief is vir hul­le kin­ders soos ons nie? Wan­neer het S­te­ve Hof­meyr ’n be­lang­ri­ker stem ge­word as Bram Fis­cher? As jy jou plek in die son eis, sorg dat jy weet waar jou ska­du­wee val. Want dit is daar, in daai grond, waar­in al­mal van ons se bloed­rooi bloed ge­sy­fer het in die naam van gek­heid, gie­rig­heid, ge­loof, ei­e­reg, self­be­houd, on­af­hank­lik­heid, geregtigheid, stem­reg, men­se­reg, ge­lyk­heid, ge­leent­heid en self­ver­we­sen­li­king. Met ’n boi­kot soos hier­die voel dit vir my ons haak vas by gek­heid. Is hier­die nie die volk wat on­aan­vaar­ba­re si­tu­a­sies in Eu­ro­pa ag­ter­ge­laat het om hier in A­za­nië ons self­ver­we­sen­lik­te heil te kom vind nie? Wan­neer het daar­die i­de­aal so eks­klu­sief ge­raak dat ons dit nie gun vir an­der nie?

Ag nee men­se, ons is mos nie so nie. Ons het nie A­fri­ka toe ge­kom om nie deel van A­fri­ka te wees nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.