Moe­nie na­mens my ver­sko­ning vra

Beeld - - Kommentaar - S­ka­pie, Pot­chef­stroom

Soos baie le­sers is ek ook nou net mooi keel­vol vir an­der men­se wat na­mens my ver­sko­ning vra vir a­part­heid.

Graag wil ek die vol­gen­de on­der Bou­wer Bosch se aan­dag bring. Ek het in die a­part­heids­tyd groot­ge­word son­der ’n pa en brand­arm. Van my eer­ste skool­dag af het ek in ’n kos­huis ge­bly, want daar was nie ’n mo­tor of pe­trol­geld nie. As ek ge­luk­kig was, sou my ou­pa my Vry­dae met die per­de­kar by die kos­huis kom op­laai, an­ders moes ek ’n ge­leent­heid by ie­mand be­del as ek na­we­ke huis toe wou gaan. Heer­li­ke a­part­heids­voor­deel? Hoe klink 20c sak­geld vir die week?

Van my st. 6-jaar af moes ek el­ke lie­we skool­va­kan­sie werk vir sak­geld, want an­ders was daar nie. My vrien­de het va­kan­sie­sto­ries ge­had, ek niks. Is dit hoe ek by a­part­heid baat ge­vind het? My spy­ker­skoe­ne vir at­le­tiek en rug­by­tok­se is op skuld ge­koop, nie met ’n sub­si­die, borg­skap of staats­ten­der nie.

Met al­le respek, PW Bo­tha en sy re­ge­ring het my niks ver­niet ge­gee nie be­hal­we diens­plig. Wat ’n heer­li­ke a­part­heids­voor­deel.

Nie­mand moet ooit weer na­mens my vir e­nig­iets om ver­sko­ning vra nie. Die B­rit­te skuld me­ni­ge Suid-A­fri­ka­ner ’n ver­sko­ning vir wat aan ons voor­ou­ers ge­doen is in die kon­sen­tra­sie­kam­pe. Ek hoor niks uit En­ge­land nie. Mis­kien moet Bosch aan hul­le ’n brief skryf.

Ek vra vir niks ver­sko­ning nie, want ek skuld a­part­heid niks. Fi­nish en klaar.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.