S­top dié val­se mooi­praat­jies

Beeld - - Kommentaar -

Du P­les­sis, S­tel­len­bosch

As ’n ei­e­naar van ’n klein on­der­ne­ming wil ek graag my mis­noeë te ken­ne gee.

Ons hoor daag­liks hoe klein on­der­ne­mings die groot werk­skep­pers is en by­ge­staan moet word om te flo­reer. Klein on­der­ne­mings word ge­bom­bar­deer met bu­ro­kra­tie­se romp­slomp wat dit by­kans on­moont­lik maak om wins te maak. Voeg daar­by laag ge­skool­de ar­beid met min op­lei­ding, vaar­dig­heid en ta­lent. Dan kry ons nog te doen met vak­bon­de en ’n be­din­gings­raad wat ons wil be­heer. Saam met rom­mel­sta­tus lyk voor­uit­sig­te maar skraal.

Wat my eg­ter ont­stel, is mooi­praat­jies om slegs vals hoop te gee. Niks ge­beur om klein on­der­ne­mings te help nie. Ons word eer­der méér ge­boe­lie. No­de­loos om te vra hoe­kom werk­loos­heid ver­meer­der en min­der be­las­ting­geld in­ge­vor­der word!

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.