’nNu­we sa­me­le­wing?

Die o­ën­skyn­li­ke ras­se­har­mo­nie by twee myn­maat­skap­pye het hom laat won­der of die en­kla­wes in ons sa­me­le­wing die pad vo­ren­toe aan­dui en of dit net ’n nu­we vorm van a­part­heid is, skryf Andries Be­zui­den­hout.

Beeld - - Middelblad - Vroue het ver­le­de week op UP se Hat­field­kam­pus teen ver­krag­ting be­toog.

Hoe kry som­mi­ge myn­maat­skap­pye dit reg om ras­se­har­mo­nie in die werks­plek te be­werk­stel­lig, ter­wyl die land in ge­heel klaag­lik daar­in mis­luk?

Dit is een van die vrae waar­mee ek en een van my na­graad­se s­tu­den­te hier­die week oor ’n kop­pie kof­fie by een van die kui­er­plek­ke op kam­pus wor­stel.

My stu­dent, John, is pas te­rug in P­re­to­ria na­dat hy ses maan­de lank op twee my­ne werk­saam was vir sy na­vor­sing – die een in M­pu­ma­lan­ga en die an­der in die Noord-Kaap.

Hy het vir drie maan­de by el­ke myn ge­werk en in die ge­meen­skap­pe ge­woon. Hier het hy dop­ge­hou wat men­se aan­vang, on­der­hou­de ge­voer en op­na­mes ge­doen. Ver­le­de week het hy sy eer­ste hoof­stuk­ke met na­vor­sings­be­vin­din­ge vir kom­men­taar ge­stuur.

Ek is heel ver­ras oor van sy be­vin­din­ge.

Ten spy­te van grie­we, blyk dit, is die oor­gro­te meer­der­heid van die werk­ne­mers by al­bei my­ne heel ge­luk­kig oor die stand van men­se­ver­hou­dings in die al­ge­meen, as­ook ras­se­ver­hou­dings. Min­der as 20% van die werk­ne­mers in sy op­na­me voel dat die verhoudings tus­sen wit en swart sleg is. Hoe ver­klaar ’n mens dít? Jy sou my ver­ba­sing se­ker as swart­gal­lig kon be­skryf. Sou ’n mens nie juis ver­wag dat din­ge met­ter­tyd be­ter sal gaan nie? Wel, dink nou maar aan die laas­te paar we­ke se nuus.

Daar is die dood van ’n kind en ver­de­re ge­weld by Co­li­gny, die nuus dat S­pur deur­loop weens die na­draai van ’n ras­se­voor­val, as­ook dra­ma rond­om neo-Na­zi-plak­ka­te by die U­ni­ver­si­teit S­tel­len­bosch.

Dan is daar hof­sa­ke oor moor­de in ’n vei­lig­heids­kom­pleks en nuus oor moor­de op les­bi­ërs en boe­re.

Ver­le­de week was ook nie ’n goeie week vir ons by die U­ni­ver­si­teit van P­re­to­ria nie. Aan die een kant was daar pro­tes teen sek­su­e­le ge­weld op kam­pus, waar­ty­dens van die vrou­e­pro­tes­teer­ders van hul kle­re uit­ge­trek het om hul punt tuis te bring –’n re­per­toi­re wat nou al heel al­ge­meen op kampusse voor­kom.

Aan die an­der kant is daar vies­li­ke plak­ka­te ty­dens ’n sêr-kom­pe­ti­sie tus­sen kos­hui­se ver­toon, so al as­of die deel­ne­mers die pro­tes­teer­ders se punt op ’n wrang wy­se wou on­der­streep.

Die be­woor­ding van die plak­ka­te sou ’n mens nie hier wou her­haal nie, want dit pas be­ter op die deu­re van o­pen­ba­re bad­ka­mers as by ’n sang­kom­pe­ti­sie wat tra­di­si­o­neel oor ro­man­tie­se ver­bin­te­nis­se tus­sen s­tu­den­te gaan.

Dalk het die oor­sprong van die woord “sêr­rie” in die ver­ge­tel­heid ver­dwyn. Dit ver­wys im­mers na ’n “se­re­na­de”.

Ont­hou, wy­le Koos du P­les­sis het as stu­dent van sy mooiste lied­jies vir só ’n se­re­na­de­ge­leent­heid ge­skryf om­dat daar te min toe­pas­li­ke A­fri­kaan­se musiek in die laat 1960’s was.

Hy sing van P­re­to­ria in Ok­to­ber­maand “waar mei­sies lank ná mid­der­nag nog deur die ven­sters loer/ en dro­mend luis­ter na die lied van el­ke troe­ba­doer”.

Hoe het tye nie ver­an­der nie! Min­ne­san­gers ding nou met me­kaar mee en die kom­pe­ti­sie is só straf dat span­ne me­kaar deur die ver­toon van vul­gê­re plak­ka­te van stryk pro­beer bring.

Te­rug by be­ter nuus en die my­ne. Ek moet noem dat ons nie hier van ti­pie­se Suid-A­fri­kaan­se my­ne met diep skag­te en hos­tel­le praat nie.

Hier­die is deel van ’n nu­we ge­ne­ra­sie my­ne wat eers ná die koms van de­mo­kra­sie be­plan en ont­wik­kel is. In elk­een van hier­die ge­val­le wou die myn­maat­skap­pye iets nuuts doen, nie weer die fou­te van die ver­le­de her­haal nie.

Hier­die is ook oop­groef­my­ne, met ka­pi­taal­in­ten­sie­we pro­ses­se.

An­ders ge­stel, daar is bit­ter min on­ge­skool­de ar­beid wat be­no­dig word en die mees­te van die werk­ne­mers het ma­triek of na­skool­se kwa­li­fi­ka­sies. Baie van hul­le is o­pe­ra­teurs van groot ma­sjie­ne. Kan dít die har­mo­nie ver­klaar? Deels, sê my stu­dent, maar hy noem ook dat die mees­te myn­wer­kers by hul ge­sin­ne bly, an­ders as die trek­ar­bei­ders van die ou my­ne.

In die een ge­val, in die Noor­dKaap, het die myn­maat­skap­py hon­der­de hui­se in sa­me­wer­king met kon­trak­teurs laat bou en aan wer­kers ver­koop.

In die an­der ge­val, in M­pu­ma­lan­ga, woon wer­kers in na­by­ge­leë dor­pe, as­ook so ver soos P­re­to­ria en Jo­han­nes­burg en pen­del myn toe. Die mees­te wer­kers ver­dien goeie sa­la­ris­se en kan hul eie voer­tuie be­kos­tig.

Ons ge­sels oor die pro­tes op kam­pus en dat so­veel vrou­e­stu­den­te, nie net by UP nie, daar­op aan­dring dat die kwes­sie van ’n ver­krag- tings­kul­tuur aan­dag moet kry.

Van die u­ni­ver­si­tei­te bring ka­me­ras en lig­te aan. An­der skerp pro­ses­se op om op te tree as voor­val­le deur vrou­li­ke s­tu­den­te aan­ge­meld word.

Op ’n ma­nier is ons be­sig om vei­li­ge en­kla­wes van ons kampusse te maak, maar die oom­blik as vroue die kam­pus ver­laat, be­staan geen­een van daar­die pro­ses­se meer nie.

Dis dalk ook wat in hier­die twee my­ne aan die gang is.

My­ne is baie streng oor ge­sond­heid- en vei­lig­heids­pro­se­du­res. Ek het al in ’n bus­sie by een van die my­ne ge­ry en die oom­blik as die be­stuur­der vin­ni­ger as die spoed­be­per­king ry, gaan ’n a­larm af.

So ook word die in­ter­ak­sie tus­sen werk­ne­mers streng ge­re­gu­leer. As jy jou­self aan e­ni­ge ras­sis­tie­se taal­ge­bruik skul­dig maak, ver­loor jy baie vin­nig jou werk.

Mis­kien is dit hier­die kom­bi­na­sie van ’n vei­li­ge werk­plek en in­ter­ak­sies wat ten min­ste op die op­per­vlak be­skaafd voor­kom, wat maak dat werk­ne­mers van die twee my­ne voel dat daar goeie in­ter­per­soon­li­ke verhoudings is.

John sal ver­de­re on­der­soek moet in­stel, maar dis ten min­ste be­moe­di­gend om soms o­ën­skyn­li­ke suk­ses­ver­ha­le in die loop van ’n mens se na­vor­sings­pro­gram teë te kom.

Ek en John ge­sels ver­der. Die he­le prent­jie is na­tuur­lik nie roos­kleu­rig nie.

By al­bei myn­ge­meen­skap­pe is erns­ti­ge werk­loos­heid, as­ook ’n te­kort aan be­hui­sing.

Ge­meen­skap­pe waar my­ne be­dry­wig is, het in die al­ge­meen groot ver­wag­tin­ge van die maat­skap­pye. In al­bei ge­val­le stroom daar men­se na die na­by­ge­leë dor­pe toe in die hoop om werk te vind.

Die hoop be­skaam eg­ter meest­al en baie van die mi­gran­te slaan sink­ge­hug­gies in in­for­me­le ne­der­set­tings op, wat die ge­meen­skap­pe ver­der ont­wrig.

By die Noord-Kaap­se myn is ge­vaar­li­ke seks­werk­prak­ty­ke ’n groot kwes­sie, ver­al weens vrag­mo­tor­be­stuur­ders wat deur die dorp ry.

Ek stel al hoe meer in dié soort en­kla­wes be­lang – plek­ke waar ’n nu­we soort or­de tot stand kom, waar re­ëls en re­gu­la­sies toe­ge­pas word, het­sy by ’n myn as deel van ’n pri­va­te maat­skap­py, of by ’n u­ni­ver­si­teit as o­pen­ba­re ruim­te, maar met streng toe­gangs­be­heer en se­ku­ri­teits­mo­ni­te­ring.

’n Mens kan se­ker hier­oor si­nies wees en aan­toon dat sul­ke ruim­tes die uit­son­de­ring op die re­ël is en dat dit kuns­ma­tig ge­skep en in stand ge­hou word. Die oom­blik as die stu­dent of die myn­wer­ker ’n an­der ruim­te be­tree, geld an­der reels, of soms geen re­ëls nie.

As ’n mens om­stre­de wil wees, kan jy hier­die en­kla­wes selfs as ’n nu­we soort a­part­heid be­skryf.

Aan die an­der kant moet ’n mens se­ker ê­rens be­gin om ’n nu­we soort sa­me­le­wing te bou, met plek­ke waar vroue vei­lig is en plek­ke waar men­se me­kaar met respek be­han­del, al is dit ook net om­dat die maat­skap­py dit van jou ver­wag.

’n Mens kan sa­me­le­wings­or­de son­der geregtigheid hê (ons ken dit goed), maar jy kan ook nie geregtigheid son­der e­ni­ge sa­me­le­wings­or­de hê nie.

Dalk kan ’n mens van­af hier­die nu­we en­kla­wes uit­brei, een­dag as die staat weer be­reid en in staat is om al­ge­me­ne vlak­ke van wet en or­de te hand­haaf en ge­meen­skap­pe be­reid is om daar­die ge­sag te aan­vaar.

Foto: FE­ZE­KI­LE MSIMANG

Prof. Be­zui­den­hout is ’n so­si­o­loog ver­bon­de aan die U­ni­ver­si­teit van P­re­to­ria.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.