Gee my eer­der Woe­st­al­leen as Nom­mer Een

Beeld - - Middelblad - E­rik Holm

Die groot­ste deel van my le­we was ek be­sig met die tak­so­no­mie van ons in­sek­te: die uit­ken en be­na­ming van spe­sies. Ek is dus ver­staan­baar ge­fas­si­neerd deur na­me. Ek blaai toe deur ’n lys van plek­na­me in SuidA­fri­ka, en dit val my op hoe­veel plek­na­me kan ver­tel van ’n na­sie se ge­aard­heid en lot­ge­val­le. Ons pi­o­niers het nie per vlieg­tuig plek­ke be­set en ge­ves­tig nie, en hul­le het ook nie van pro­spek­tus­se deur die pos ge­koop nie.

Waar ’n plaas of dorp ge­stig is, was dit ná ve­le, dik­wels skrik­wek­ken­de ont­be­rings. Oos­grens. En­gel­se. Groot Trek. Run­der­pes. Ang­loBoe­re­oor­log. Griep. Deur­gaans ná al­les die hoop om ’n plek­kie te vind waar ’n mens ’n be­ter toe­koms kan maak. ’n Klomp plek­na­me is bloot die eer­ste be­sit­ter se naam. La­ter is hel­de van die Trek en Boe­re­oor­log ook met plek­na­me ver­eer, en on­ge­luk­kig ve­le on­be­nul­li­ge NP-po­li­ti­ci net op grond van hul vlie­ten­de mags­po­si­sies, son­der e­ni­ge be­te­ke­nis­vol­le by­drae. Die ANC het dié soort self­ver­heer­li­king on­ge­luk­kig met groot gees­drif voort­ge­sit.

Hier­die is re­de­lik u­ni­ver­se­le en on­in­te­res­san­te ver­skyn­sels. By ons kom na­me van jag­ters­oor­sprong meer voor as mens­na­me. Al­le denk­ba­re groot­wild, ge­kom­bi­neerd met -vlei, -berg, -ri­vier, -laag­te, -spruit, -drif en -pan. Soms ook snaak­se ju­we­le soos T­wee­buf­fel­smet­een­skoot­mors­dood­ge­skiet­fon­tein; Soek­me­kaar, D­waal­boom, en Rondom­skrik.

A­fri­ka is maar hard en ge­na­de­loos, soos ons pi­o­niers moes vas­stel. Dan ver­wyt jy die plek wat jou so straf met ’n spe­si­a­le naam: S­waar­be­gin, Tan­de­kners, Teen­spoed, Tra­ne­dal – of een­vou­dig On­ge­luk, On­reg, S­mart­ryk, S­leg­ver­by, Gag­ga en Toss. Die weer is dui­de­lik ook nie o­ral na wen­se nie, soos ’n mens sien in na­me soos Wegspoel, Put­son­der­wa­ter, Plat­ge­waai, Dors­land, Wa­ter­nood en Dors­fon­tein. Sul­ke plek­ke is re­de vir heel­wat ver­bit­te­ring en self­be­jam­me­ring soos blyk uit Raad­op, Rug­seer, Slaap­loos, Ar­moed, Min­loon, Be­rou, Brand­arm, Ge­suk­kel, Er­ger­nis, Vaal­ver­driet, Swoeg, Sweet en plein De­pres­sie. Ook die af­son­de­ring is nie al­tyd lek­ker nie, as mens kyk na Ver­la­te, Ver­lang, Al­leen en Woe­st­al­leen.

Boe­re is eg­ter op­ti­mis­te, en self­be­moe­di­ging is ook vol­op: Aan­hou, Toe­maar, Wat­wou, Hoop, Help­jou­self, Help­me­kaar, Help­my­voort en Reg­kom. Soms werk dit, want daar is Boor­man­slag en E­norm­wa­ter.

Tog spreek by ver­re­weg die mees­te na­me van dank­baar­heid en vreug­de aan die na­tuur. Meer as 30 keer Mooi-, 10 keer Rus­tig-, 13 keer Skoon-, 11 keer Ge­luk-, 7 keer Fraai-, 20 keer Blou- of Bloem-, 9 keer Bly- en 17 keer Goed-. Daar is po­ë­tie­se waar­de­ring in Mur­mel­wa­ters, E­den, S­ter­aand, Vo­gel­sang, Lus­hof, My­mer, Baie Nes­sies, Be­ko­ring, Sie­raad, Wel­ge­leë en Ju­weel. In dank­baar­heid loop boe­re­har­te ook nou reg­tig oor in na­me soos Lek­ker­lag, Oor­ge­noeg, Net­reg, Ple­sier, Ryk­ver­by, Ver­heug, Voor­reg, Vreug­de, Wel­te­vre­de, Daarshy, Dank­baar, Ge­skenk, Ge­not, Guns, Voor­reg, Vreug­de en Ju­bel. Die lys is ont­roe­rend lank.

Die mees­te boe­re­plek­ke spreek van dank en le­wens­vreug­de en hul­le nooi ook na hul Harts­plaas met Ko­nink­ryk en Kom­weer. Sal dit nie hart­seer wees as die skat van be­leef­de na­me ver­vang moet word deur dié van sim­pel po­li­ti­ci wat mô­re ver­ge­te sal wees nie!

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.