Or­gaan 17 j. ná ver­lies ver­vang

Ge­skenk­te man­li­ke deel an­der vel­kleur

Beeld - - Nuus - El­sa­bé B­rits

’n Man (40) wat sy pe­nis 17 jaar ge­le­de ver­loor het, het on­langs die twee­de Suid-A­fri­ka­ner ge­word wat ’n pe­ni­soor­plan­ting kry.

Die nood wat die man er­vaar het, was so groot dat hy her­haal­de­lik in­ge­stem het om ’n pe­nis van ’n an­der kleur te laat oor­plant. Die sken­ker was ’n 29ja­ri­ge wit man.

Die pe­nis sal oor ses of agt maan­de ge­ta­toe­ëer word om by die ont­van­ger se kleur te pas.

Die man het hom­self vroe­ër by­na om die le­we ge­bring weens die trau­ma toe hy sy pe­nis ver­loor het weens ’n tra­di­si­o­ne­le be­sny­de­nis wat skeef­ge­loop het, het dr. An­dré van der Merwe, hoof van die U­ni­ver­si­teit S­tel­len­bosch (US) se u­ro­lo­gie-een­heid, gis­ter op ’n me­di­a­kon­fe­ren­sie ge­sê.

Van der Merwe het dié en die eer­ste oor­plan­ting ge­lei.

Die man was vier jaar lank op ’n wag­lys en het ten nou­ste met siel­kun­di­ges en die dok­ters saam­ge­werk om hom op die operasie voor te be­rei.

“Ek sal hom vat, dok­ter,” het hy die aand van die oor­plan­ting vir ou­laas oor die kleur­ver­skil ge­sê.

Dit wys hoe erg sul­ke mans ly, sê Van der Merwe.

Hy sê daar was 12 men­se op die wag­lys, maar hul­le het kon­tak met die mees­te ver­loor en kon hul­le nie weer op­spoor nie.

Die man, wie se i­den­ti­teit be­skerm word, is op 21 A­pril in die Ty­ger­berg-hos­pi­taal in Bellville ge­o­pe­reer. Die operasie het meer as ne­ge uur ge­duur.

Dit was ’n moei­li­ke operasie om­dat die man “baie, baie min van sy eie pe­nis oor­ge­had het”.

Na ver­wag­ting sal hy binne ses maan­de al­le nor­ma­le funk­sies her­win.

Van der Merwe en sy span het in No­vem­ber 2014 die eer­ste pe­ni­soor­plan­ting ter wê­reld ge­doen. Die 21-ja­ri­ge ont­van­ger het sy pe­nis ook weens ’n tra­di­si­o­ne­le be­sny­de­nis ver­loor.

“Hy het ’n nor­ma­le le­we en het by­na ver­geet hy het ’n pe­ni­soor­plan­ting ge­had,” sê Van der Merwe.

Die sken­ker het ook van sy an­der or­ga­ne ge­skenk.

Die groot­ste pro­bleem op die oom­blik is or­gaansken­king. Dit is groot­liks weens die te­kort aan or­ga­ne dat daar se­dert 2014 nie weer ’n oor­plan­ting was nie.

’n Pe­ni­soor­plan­ting is ’n kom­plek­se pro­se­du­re waar­in ver­skil­len­de weef­sel­soor­te kruis­ver­bind word, sê die US in ’n ver­kla­ring.

Die uit­een­lo­pen­de aard van die bloed­va­te en se­nu­wees maak el­ke operasie u­niek.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.